Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein.
Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.
Seegogga het Blommetjie, Kameel se koei geverf. Te pragtig vir woorde. Toe hulle ons roep om te gaan kyk, het BB, Shilo en Sobek reeds die nuus kom aandra.
“Ma, wie is daardie tannie wat die koei daar buite verf?” wou BB weet.
“Nee, man, BB, niemand sal ‘n koei verf nie, die vrou borsel haar seker net.”
Ek het nog nie gesien dat ‘n mens ‘n koei soos ‘n perd borsel nie, maar dalkies doen een van die goue vroue tog so iets?
“Ja, nee, wraggies,” beaam San. Sy het dit ook nog nooit gesien nie. Tog blink die haartjies altyd mooi.
“O, soos ons hare geborsel word as ons Waggy Tails toe gaan?” vra Shilo. Hy hou niks daarvan nie.
“Ja, dit is lekker,” val Sobek in. “Koeie sal ook daarvan hou om geborsel te word.”
Ek staan so en luister na die kinders van my. Een ding is gewis, hulle maak darem of hulle van die gekammery hou.
“Is hier ook dorings in die gras?” vra BB.
Want sy is nou net mooi moeg daarvoor om buite die huis in Kuruman te stap. Agter buite. Daar is bietjie randsteen naby die huis. Goed, seker genoeg, maar as jy afgaan, is jou pote vol dorings. Daar is net grond en dorings. Hulle het sommer besluit daar stap hulle nie weer nie.
“Dit is nie lekker nie,” kla BB.
Sy hardloop klaar op drie beentjies rond.
Haar een voorpootjie is seer. Ek moet haar dierekliniek toe neem. Ek hoop maar hulle weet van honde ook. Want, kan jy nou meer, die veearts is uit na die plase toe.
BB is bekommerd, sy is nie ‘n perd, koei, skaap, bok of vark nie. Haar voetjies lyk anders. Ken ‘n veearts van Kuruman die verskil?
Ons het skaars uitgemaak dat die koei sowaar geverf is, toe is daar een hêngse lawaai op die plein.
Van die goue vroue se diere het mekaar aangevat dat die hare, vere en so aan waai.
“Kom,” roep Sobek, “ons moet gaan kyk wat aangaan.”
Aangesien die kinders van my baie vinniger as ek hardloop, is hulle eerste daar. Sit hulle op die kant en kyk of hulle iemand herken.
Maar bly ver van die aksie, soos hulle geleer is.
Hierdie mamma hou nie van bloed nie, sy kap om.
Toe alles bedaar het, het BB gaan kyk of daar enige beserings is wat reggedokter moet word. Sy beveel Sobek se tong aan vir enige een met ‘n seertjie hier of daar.
My liefste vierbeenkind.
“Ma,” vra BB, “baklei die diere gereeld op Rebus?”
“Nee, BB, hierdie is die eerste keer waarvan ek weet. Anders sou ek julle mos nie saamgebring het nie.”
Toe eers is die drietjies effens gerusgestel.
Maar ek is bekommerd.
Wat sou dit veroorsaak het?
Dis baie vreemd, want diere baklei nie op Rebusfontein nie. Het hulle dalk almal saamgespan teen n indringer?
LikeLiked by 1 person
Geen idee nie, maar dit kan goeie verduideliking wees.
LikeLike
Ek dink dit is daardie vurige Twinkle van my wat haar gedra het asof Rebus hare is. Sy sien vir alles en almal kans. Een van die diere wou haar seker op haar plek sit en toe is sy parmantig!
LikeLiked by 1 person
Ag shamepies, San, sy is darem ongeskonde?
LikeLike
Ja dankie. Net nog skaam oor sy so winty was. Eet darem. Weier nog om die Rebus diere te “face”. Masr ek dink sy ken nou haar plek. 😀
LikeLiked by 1 person
Jongie, gelukkig het my drie nie met haar baklei nie. Ook maar goed hulle wou eers na die koei gaan kyk. Liefie haar.
LikeLike
😀😀😀💗
LikeLiked by 1 person
Trompie het ook vir my vertel dit was ‘n kat gewees wat dit begin het. Arme Trompie kry nog steeds die bewerasie as hy ‘n kat sien.
LikeLiked by 1 person
Oe jitte, ‘n kat? BB word deur katte gefassineer.
LikeLiked by 1 person