Die Goue Vroue het lanklaas ‘n vervolgverhaal geskryf, die laaste een was hulle weergawe van Alice in Wonderland.
Tans kuier hulle in Rebusfontein, waar daar vrede en rustigheid is. Want die pandemie het al weer spanning veroorsaak, die moontlikheid bestaan dat nog een van hulle die virus eerstehands ontmoet het. Drie van die vroue het tydens die eerste golf die virus verslaan, maar daar is altyd kommer as een van ons siek raak. Dan kom ons bymekaar om mekaar te troos, maar veral om mekaar tydens hierdie onseker tye te ondersteun.
Dit is stil op die plein terwyl ons almal bymekaar sit om ons liewe vriendin te ondersteun. My gedagtes dwaal weg na die sterflikheid van die mens. En emmerskoplysies …
Ek het onlangs ‘n boek beoordeel vir geskiktheid in die Afrikaanse taalklas en die verhaal bly in my kop draai, veral omdat die pandemie elkeen van ons dwing om met die sterflikheid van die mens vrede te maak. Ek besef dit is ‘n ongemaklike onderwerp, maar ek vra tog:
“Het julle emmerskoplysies?”
Daarmee het ek almal se aandag, kry ek ook beskuldigende kyke. Hoe kan ek nou oor so iets praat as een van ons baie olik voel? Ek besluit egter om tog deur te druk en te vertel.
“Ek het so pas Die vlerke van Naaldekokers van Celia Steyn gelees om vir geskiktheid van voorgeskrewe werke te beoordeel. En dit vertel het my diep geraak, raak my steeds. Dit vertel die verhaal van ‘n graad 11-dogter wat haar linkerhand en haar suster tydens ‘n motorongeluk verloor het toe haar ma se aandag nie op die pad was nie. Sy het ‘n SMS gekry en beantwoord. Sy en haar ma vermy haar suster se kamer omdat hulle sukkel om die dood van haar suster en die verlies van haar hand te verwerk. Op ‘n dag besluit sy om wel die kamer in te gaan, en so ontdek sy haar suster, wat so vervelig en doodgewoon was, se emmerskoplysie, waarvan nog niks afgemerk was nie.”
“O my genade, die arme sussie,” het ek Toortsie se aandag. “Die arme. arme sussie. So jonk, ek het beslis nie op skool al ‘n emmerskoplysie gehad nie. Ek …”
“Regtig, Toortsie?” val Una haar in die rede “hoe kon jy nie ‘n lysie gehad het nie? Jy is dan so ‘n besige bytjie, mens sou dink dat jy toe al besluit het wat jy alles wil brei, borduur en bak. Wel, ek het een gehad, waarvan Bali darem al afgemerk is. Seegogga, het jy ‘n lysie gehad?”
Seegogga se knypers is dadelik aan die werk, gaan net oop en toe soos sy beduie. “Natuurlik, ek wou ‘n huisie by die see koop wat ek kan verhuur om elke vakansie nuwe mense te ontmoet. Dit het ek, sommer meer as een wat te huur aangebied word. En skilder, ek het mos al vir julle gewys hoe die grensmure van ons erf nou lyk.”
“Natuurlik,” val Trommeltjies in. “Jy het goed gedoen, baie geluk met daardie wen van jou skildery. Ek het nou ‘n lysie, tydens die pandemie begin. Goed wat ek graag wil doen as ek ooit weer sonder ‘n masker mag wees. Op my lysie …”
Maar Aalsie val haar sommer in die rede. “Ek het ook ‘n lysie begin. Nommer een op my lysie is ….”
Appeltjie, Sonell, Positief, Woordnoot, Frannie en VirgoC praat sommer gelyk. Elkeen van hulle het ‘n emmerskoplysie gehad, of tydens die pandemie begin. VirgoC en Frannie se grootste begeerte is om net weer haar voete op die Suid-Afrikaanse bodem te sit, dink ekke, maar wat sou nommer een op haar lysie wees?
“Dames,” roep ek die vrouens tot orde. “Ek wou eintlik nog verder vertel.”
Die vrouens is dadelik stil, hulle wil verder hoor.
“Bo-aan Lieke se lysie het gestaan: Leef jou lysie. Aangesien Lieke dit nie meer kon doen nie, het Kylie besluit om die lysie namens haar sussie te leef. Interessante goed op die lysie …”
“Vertel, moedig die vrouens my aan. Wat wou sy doen?”
Ek noem die dinge op:
- Photobomb iemand famous
- Fantasy dress up
- Sien die Grand Canyon
- Skydive
- Soen ‘n mooi ou
- Onbeplande road trip
- Kry ‘n staande handeklap
- Geniet ‘n wereldklas ete
- Surf
- Wees ‘n ekstra in ‘n fliek
- Plant ‘n boom
- Maak ‘n verskil
“Sjoe, dit is inderdaad ‘n interessante lysie,” mymer Una. “Kon sy alles doen?”
“Wel, nie alles nie. En sommiges daarvan is aangepas. Soos om van ‘n brug te spring eerder as om te valskermspring. En om na die Vallei van die Dood te gaan omdat dit die naaste is wat sy aan iets soortgelyks aan die Grand Canyon kon kom. Haar suster sou verstaan, sy het nie die finasies vir die uitleef van al die wense op die lysie nie.”
Seegogga se ogies is sommer vol trane, wat my eie laat traan. Die ander vrouens pik ook trane weg.
“Ek het nie ‘n lysie nie,” vertel ekke. Daarom het ek iemand gevra of sy vir ons ‘n emmerskoplysie het wat ons kan uitleef namens haar, maar geen reaksie gekry nie. Dit was nie ‘n goeie besluit nie, ek kan soms impulsief wees.” (Sug).
“Maar daar is wel baie goed wat ek nog wil doen voordat ek my aardse lewe agterlaat … as dit moontlik sou wees. En dit sal heerlik wees as iemand dit namens my kan doen – ek kon dit nog nie regkry nie … Hier is ‘n paar daarvan:
- om met my drie Schnauzers te kan gesels oor die lewe as my woewe
- om in ‘n warmlugballon te sweef
- om op die strand op ‘n perd se rug te ry
- om deel van ‘n sirkus te wees (afgemerk, ons het dit reeds gedoen)
- om ‘n nuwe taal aan te leer (geskrap, dit was onmoontlik om Russies aan te leer)
- om ‘n nuwe sport te begin – een wat nog nie bestaan nie …“
En niks keer my om ‘n Goue Vrou uit te daag om dit namens my uit te leef nie.
Dus, Woordnoot, sal jy my asseblief help om ten minste een daarvan uit te leef?
*******
Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …
Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …
https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.
Of kliek sommer op die foto hieronder om die verhale te lees.

En dan, gesels asseblief saam. Het jy ‘n emmerskoplysie? Wanneer het jy begin? En wat is afgemerk en nog nie … Ek sien uit om te lees.
Hmmm.Warmlugballon en perdry op die strand het ek darem al beleef en geniet…verál die perdry op Struisbaai se plaat. (Sug…as ek tog net met my hond kon gesels!)
LikeLiked by 1 person
Letty-Ann, jy sou dus my lysie vir my kon uitleef. Ek is so nuuskierig om te weet wat op jou lysie is.
LikeLike
Sodra dit my beurt is🤩
LikeLiked by 1 person
Ag ja, natuurlik. Hoe jump ek nou die gun?
LikeLike
En jy weet hoe maklik chip Aalsie in🤣😂
LikeLiked by 1 person
Jy kan altyd inchip …
LikeLike
Tx😁
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag nie ….
LikeLike
👍🤩
LikeLiked by 1 person
Jip💃
LikeLike
Ag lekker! Ei hoop ek word genomineer om deel te neem!
LikeLiked by 1 person
Jy sal beslis genomineer word, ons gaan almal ‘n beurt kry. Ek hoop iemand gaan onthou dat ek ook ‘n beurt moet kry ..
LikeLike
Dankie Christa, dis so oulik!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie, ek dink ons kan lekker lag en speel hiermee. Sterkte, ek hoop jy voel sommer baie gou beter.
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n lekker uitdaging. Ekke het ook nie ‘n lysie nie, sal hard moet dink voor dit my skryfbeurt is. Die ding op jou lys wat ek graag sou wou doen is om in ‘n warmlugballon te sweef, hoe vry en mooi moet dit nie wees nie…. Maar tot dit my beurt is, droom ek solank
LikeLiked by 1 person
Positief, ek stem saam oor die lugballon. Dalk moet mens so iets oorweeg? ‘n Groepbespreking is dalk goedkoper as individueel. Die ding is, ek sien dit elke naweek van ons huis in die stad se balkon as ek daar is. En dan verlang ekke …
LikeLiked by 1 person
Woordnoot se storie is geskryf, gaan kyk wat het julle gaan doen……
LikeLiked by 1 person
Ek gaan onmiddellik kyk …
LikeLiked by 1 person
Ek sal weer ‘n spanner in die wiel moet gooi………
LikeLiked by 1 person
Ag lekker, kan nie wag nie.
LikeLike
Jou emmerskoplysie-idee het my nou laat besef watter wonderlike avonture ek reeds in my lewe beleef het! Maar daar is nog een iets wat ek bitter graag sou wou doen…
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag om dit te hoor nie, jou beurt kom. Lekker om van jou te hoor, wat maak die regerings met jou planne om huis toe te kom?
LikeLiked by 1 person
As ek genoeg moed bymekaargeskraap kry, kom ek DV helfte Februarie terug huis toe.
LikeLiked by 1 person
Ai Frannie, mens vergeet daarvan. Dit is nie ‘n maklike besluit as die pandemie weer spoed optel nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook nie meer emmerskoplysies nie. Daar is net een ding wat ek graag sal wil doen maar ek gaan nie vnou sê wat dit is nie.Al wat ek kan sê is dit moet in die winter wees. So julie hier kom ons!
LikeLiked by 1 person
Oe ek kan hopenlik nie reg raai nie, klink soos iets gevaarliks op sneeu.
LikeLike
Gaan nie ja of nee sê nie. JY vis verniet!
LikeLiked by 1 person
Vis nie regtig nie, die sneeu en winters laat mens snaakse dinge doen.
LikeLike
Stem saam.
LikeLiked by 1 person
Die warmlugballon, kom doen dit hier in ons geweste, Christa. Dis blykbaar ń hemelse ervaring.
LikeLiked by 1 person
Ek wil nog, Una, maar dit is buitensporig duur.
LikeLike