Hierdie boekresensie is die eerste van vele waarin ek die geskiktheid van boeke en veral voorgeskrewe boeke gaan beoordeel, met ‘n spesifieke fokus op handboeke en voorgeskrewe boeke vir die Afrikaanse klaskamer.
Die vlerke van naaldekokers, deur Cecilia Steyn, trek die leser van die eerste bladsy af in die lewe van Kylie in en neem jou saam met haar op reis na aanvaarding van die verlies van haar linkerhand tydens ‘n motorongeluk. Sy het nie alleen haar hand verloor nie, maar ook haar suster en sy sukkel om beide verliese te verwerk. Veral omdat sy ‘n geheim moet bewaar, naamlik dat haar ma vir die ongeluk verantwoordelik kan wees omdat sy ‘n boodskap op haar selfoon getik het terwyl sy te vinnig gery het om haar twee dogters by die skool af te laai.
Sy het aanvanklik haar suster se kamer vermy, maar toe besluit om deur haar klere te gaan. En so ontdek sy haar suster se bucket list, of lysie van goed wat sy nog sou wou doen voor sy dood is. Haar eksentrieke oupa en sy aantreklike assistent help haar om ‘n aantal van die items op die lysie namens haar sus af te handel. Maar dan ontdek sy dat haar geliefde oupa en die man, op wie sy verlief geraak het, ook ‘n geheim bewaar het … Een wat haar aanvanklik kwaad gemaak het, maar ook nader aan haar moeder gebring het.
Aanbeveling
Ek kan die boek om verskeie redes as ‘n voorgeskrewe boek in die Afrikaanse klaskamer aanbeveel.
Die boek behoort by hedendaagse tieners aanklank te vind. Die spreek moeilike verhoudings tussen tieners en hulle ouers aan, maar ook moeilike verhoudings in families, soos tussen ouers en grootouers, sowel as die impak van moeilike verhoudings op tieners. Dit spreek verlies aan, beide van suster en liggaamsdeel, en ook hoe Kylie die verlies en latere verlies verwerk het.
Vir my is die keurige taalgebruik beslis een van die grootste pluspunte, al is daar Engelse woorde wat gebruik word. Dit is gepas omdat dit die taalgebruik van hedendaagse tieners weerspieël. Geen gevloekery nie, wat ek waardeer omdat ek dit nie in my klaskamer wil gebruik of as gepas wil beskou nie. Ek het verskeie dele in die teks as ideale teks vir die taalwerk klas gevind.
Ek plaas hierdie boek in dieselfde klas as Die Pro, een van my gunsteling voorgeskrewe werke van alle tye. Ek moet waarsku dat die leerders ‘n traan gaan pik. En, as die onderwyser hom of haar soos ek in die voorlees van die werk inleef, gaan daar gesukkel word om ‘n traan weg te steek.
‘n Verdere pluspunt is dat ‘n onderwysergids en werkkaart gratis op NB Uitgewers se webblad beskikbaar is. Klik gerus op die skakel om daarheen geneem te word: https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780798180252
Ek kan die boek ook vir leesgenot aanbeveel. Dit is ‘n goedvoelboek wat my nie wou laat los voordat ek die laaste woorde gelees het nie.
Inligting

***
Let wel: Ek doen die resensies onafhanklik, dit is my persoonlike mening oor die boek en ek word nie deur die skryfster of die uitgewers beïnvloed nie.
Daar is ‘n paar voorgeskrewe boeke wat ons in die klas gelees ek waar ek saam met die kinders ‘n traan of twee laat val het. Ek het nie omgegee nee – onderwysers het ook gevoelens 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam, dit is lekker as die kinders hulle so inleef in ‘n verhaal.
LikeLiked by 1 person
Dit klink na iets on te lees! SOms kan voorgeskrewe boeke vir tieners so ongelooflik vervelig en nie in hulle verwysingsraamwerk wees ni
LikeLiked by 1 person
Ek stem heelhartig saam – stories soos Tant Nelie se Veerpluime was selfs buite my eie verwysingsraamwerk – maar jy sou dit beter verstaan. Die behoefte om die beste koek by die basaar te bak.
LikeLike
Nee glad nie- ek bak ni. My leerders het die kwart voor 7 lelie di uiters vervelig gevind.
LikeLiked by 1 person
Kan my net voorstel. Skuus, ek was ingedagte, ek het bedoel om goed gereed te maak om beoordeel te word.
LikeLiked by 1 person
Jeuglektuur is my geliefde boeke om te lees. Toe ek in Bib gewerk het was ek verantwoordelik vir “kinderafdeling”. Ek het elke nuwe tiener boek gelees wat ingekom het. Ons het ook elke jaar deelgeneem aan kompetisie wat gehou is om te kyk hoeveel Afrikaanse boeke gelees word in n sekere week. Lesers was natuurlik mal daaroor. Daar is ook n lys gegee met boeke wat aanbeveel word. Ek glo nie hul doen dit nou meer nie.
LikeLiked by 1 person
Vertel asseblief meer van die kompetisie? En die lys. Wie het dit aangehou?
LikeLike
Ek het bietjie gaan krap maar lyk nie of hul hierdie jaar dit gaan doen nie. Sodra hul iets uitstuur sal ek jou laat weet. Daar was lyk my wel n 2020 uitdaging in April gewees.
LikeLiked by 1 person
Wie is hulle, Scrapy? Dan kan ek ook gaan soek.
LikeLike