Ek het op Telegram by ‘n Kuruman groep aangesluit waar ek ‘n advertensie van Frikkie gelees het. Hulle lewer avokado’s op die N12 en N14 af, al die pad verby Kuruman en Kathu. En ek het ‘n swak plekkie vir avokodo’s, wat op die oomblik nie alleen baie duur is nie, maar ook reeds halfpad vrot gevat wanneer ek dit koop. Dus reageer ek op die advertensie.
Lees voort “Avokado’s … herstel vertroue in mensdom”