Gepubliseer in Reisjoernaal

As ek boomdokter speel

Ons het ‘n kersfeesboom by die rivier geplant, ‘n hele aantal jare gelede. Ek gaan moet opsoek presies wanneer as ek deur my foto’s blaai. Vir nou is die datum nie noodsaaklik nie. Dit is net nodig om te weet dat ons so ‘n denneboom geplant het. Om ‘n regte egte kersboom te hê wanneer ons Desembers hier kersfees vier.

Lees voort “As ek boomdokter speel”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Prettige oomblik in parkeerterrein in Little Falls

Vanoggend is ek en manlief die strate in. Ons wil die huis steeds verkoop en die agent het te vertelle dat een moontlike koper van mening is dat die huis nie modern genoeg is nie. Ons gaan die vier badkamers so bietjie moderniseer. Nuwe storte en nuwe goedjies vir die handdoeke, toiletrolle en so meer.

Lees voort “Prettige oomblik in parkeerterrein in Little Falls”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is

Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.

Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Spesiale vrouens in Almaty groet

Toe ons Almaty toe getrek het, is ek by die WhatsApp-groep vir die Engelssprekende vrouens van die myngroep gevoeg. En so het ‘n hele paar van die wildvreemde vrouens mooi boodskappe gestuur om my in Almaty te verwelkom. En dit was lekker om te weet dat hier vrouens is wat Engels kan praat. In Ust was Engelssprekendes so min soos naalde in ‘n hooimied.

Lees voort “Spesiale vrouens in Almaty groet”