Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.
Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”Maand: Oktober 2020
Prettige oomblikke in ons huis
Ek is skuldig, skryf al minder en minder. Een van die redes daarvoor is dat ons nogal besig is sedert ons geland het. Maar dit is seker nie ‘n verskoning nie? Daarom moet ek eers stilstaan om iets te vertel waaroor ons die afgelope paar dae gelag het.
Lees voort “Prettige oomblikke in ons huis”Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan
Ons het mos die 4de Oktober geland. En toe moet ons twee weke van ons kinders en kleinkinders en naastes weg bly. Net vir ingeval ons ‘n gogga op die vliegtuig kon blyplek in ons lywe gee. Nie dat die staat dit van ons verwag nie, maar ons het dit tog gedoen. Ons bly mos nou permanent en wat is twee weke tussen familie?
Lees voort “Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan”Emirates bring ons in gerief huis toe
Manlief het sy werk in Kazakhstan so binne die inperkings voltooi. En ons kon huis toe kom. Dit was een stresvolle week of twee, want Suid-Afrika se grense was nog toe-erig.
Lees voort “Emirates bring ons in gerief huis toe”Laaste week in Almaty
Ek het hierdie artikel ‘n week voor ons uit Almaty is, begin tik. En so hier en daar verder daaraan gewerk. Ons is nou ‘n week en ‘n half terug in Suid-Afrika. Miskien moet ek dit net eers klaarmaak voor ek met iets anders begin.
Lees voort “Laaste week in Almaty”My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan
Die vreemdste ding is besig om met my te gebeur. Ek kry koud in Oktober in Suid-Afrika.
Lees voort “My lyf protesteer teen koue na Kazakhstan”