Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”Etiket: vleis
Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …
Ek het al soveel keer vertel hoe moeilik dit is om vleis in Qazaqstan te koop. En dat mens baie keer slegte verrassings kry. Mens kan op die mark mos so tussen tafels vol vleis deurloop. En by elke tafel koop en betaal jy.
Lees voort “Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …”