Ons het ‘n student wat by ons gemeente haar oefenpreke doen. En ek het werklik groot respek vir hierdie jong vrou.
Die eerste keer wat ek haar hoor preek het, was tydens die kinderdiens wat sy gelei het. En toe het sy vir die kinders Wilsontoffies gegee en gevra om eers nie te kou nie. En toe om wel te kou. So het sy vir hulle verduidelik hoe sonde is. Dit is eers lekker, maar dan is dit taai, plak aan jou tande vas en kan nie klaar gekou word nie. Ek is seker die kinders sal die preek onthou – ‘n goeie metafoor.
Toe sy wil afsluit, kry sy die gedagte om ‘n kind te vra om af te sluit. ‘n Dogtertjie steek toe haar handjie op, en sluit haar gebed af met:
en dankie vir my boetie, al is hy soms irriterend.
Ek het gelag, almal het gelag. Pure meisiekind met ‘n boetie. Ek onthou hoe my dollatjie baie kwaad was as haar boetie wou saamkuier as ‘n kêrel daar is. Ek het nie boeties gehad nie, maar sussies is ook maar so.
Vandag het sy die preek oor was jy maar koud of warm geneem. Die Here verkies koud of warm, nie lou nie.
En toe laat sy die koud ook sin maak … koud soos afkoel as jy vurig is en dalk liewers moes afkoel voor jy praat. En dit is aan hierdie gedeelte wat ek werklik moet werk. Warm is ek beslis oor goed wat my na aan die hart is, goed wat saak maak. Maar ek moet leer om af te koel voordat ek praat.
Wat my bybly, is dat God warm of koud verkies, maar asseblief tog net nie lou nie. En dit kan ek verstaan, want is daar nie ook idiome en woorde in hierdie verband nie?
Die woord “lou” sou vervang kon word met draadsitter. En hoeveel van ons hou van draadsitters?
Of dit kan vervang word met “mantel na die wind draai” vir mense wat lou is, nie kant kies nie.
Ek verstaan waarom die Here lou mense sommer wil uitspoeg. En ek wil meer daaraan werk om nie lou te wees nie. Ook wat my godsdiens betref.
Ek hoop dit laat jou sommer ook daaraan dink.
***
Rede vir dankbaarheid vandag is dat ek juis vandag na die preek gaan luister het. Ek was nie lus vir kerk toe gaan nie, ons was rivier toe en terug en die sewe ure op die pad maak my tam. Maar, as ek nie gegaan het nie, het ek nie na die jong vrou se preek gaan luister nie. En dit moes ek weer hoor, ek kan nie lou wees nie. Daar is belangrike sake wat aandag nodig het.
Baie dankie vir die deel van die preke. Beslis van toepassing op my lewe, daarom probeer ek aan sy woord vaskleef. Soos Hy ons in Psalm 36:6-10 bemoedig: ” God verlos gelowiges deur sy getroue liefde”.
Groete
Dean
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamgesels, Dean. Ek stem saam, in hierdie tye is ek al meer bewus van hoe sterk ons op die Here moet vertrou om ons te verlos.
LikeLike
Jy is in my gebede Dean, sterkte met die PhD, jou navorsing moet bekend gemaak word.
LikeLike
Ek het hierdie stuk interessant gevind. Dankie vir die deel.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, ek waardeer die saamgesels.
LikeLike
Iets waaraan ek ook moet werk. Daardie afkoel voor die praat
LikeLiked by 1 person
Ai Seegogga, ek praat te gou as ek kwaad of ongelukkig is.
LikeLike
Ditto!
LikeLiked by 1 person
In my (vorige) werk in klientediens by ‘n groot privaat hospitaal, het ek geleer dat ‘n mens eers moet afkoel voor jy baklei (en dalk ongewenste aantygings maak) … ek het soveel keer bitter kwaai familie in my kantoor sien instorm en dan onder die koeels van lelike woorde deurgeloop. Net sodat hulle later, kop in die grond, terugkom om jammer te se (dinge is nie altyd soos dit lyk nie). Maar ek het ook geleer dat mense lief is vir mekaar en daarom soms praat voor hulle dink – dis daardie beskermingsdrang wat inskop … vir ons ouers, mans, vrouens, kinders en selfs vir ons land.
Ek is mal oor jou getuienis, baie dankie dat jy dit deel. En weet jy wat, ek het nog nooit van lou tee, lou koffie of lou kos gehou nie … ek wil sommer VUUR warm vir die Here wees!
LikeLiked by 1 person
Presies net so, vuurwarm vir die Here wil ek ook wees. Ek hou nogal niks van warm tee of kos nie, laat dit altyd afkoel.
LikeLiked by 1 person
Pragtige boodskap. En laat mens met reg terugtree en oor jouself wonder. Ek wil ook nie lou wees nie. Tog, as ek eerlik is, weet ek ek is soms. Moet net nooit ophou bewus wees en weer probeer nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, mens moet altyd bewus wees en weer probeer. Dit was ook deel van haar boodskap.
LikeLike
Ek was nie eers by daardie erediens nie en ek gaan ook die toffie preek onthou.
LikeLiked by 1 person
Dit was baie spesiaal. Sy is beslis goed in haar werk. Ek bewonder haar.
LikeLike
Dankie dat jy dit met ons gedeel het!
LikeLiked by 1 person
Spesiale preke van so ‘n jong vrou.
LikeLike
Wonderlik
LikeLiked by 1 person