Gepubliseer in Reisjoernaal

Vegan roomys by Mado in Almaty

Ek het vertel dat ons nou die aand sommer so na die stap langs die spruitjie by Mado op die hoek by Dostyk Winkelsentrum geëet het. En dat ek sou teruggaan om te proe hoe vegan roomys proe, omdat ek nie roomys kan eet sonder om drie weke lank siek te wees nie.

Wel, vanmiddag het ons na die winkelsentrum gestap. Want manlief is op ‘n misie. Iemand verjaar een van die dae. En sy moet ‘n persentjie kry.

Help nie ek sê die winkels is toe nie en dat mens net na die supermark kan stap nie. Nee, hy wil deur die sentrum stap om winkelvensterinkopies te doen. Vir as die winkels nou Maandag oopmaak.

Want sien, dit het 5 Julie toegemaak, ons mag net kos en medisyne koop. Ons kan aanlyn koop, maar o wee, dit is ‘n gedoente. Sommige bladsy vertaal mooi na Engels. En as dit by betaal kom, slaat dit bollemakiesie terug na Russies. En dan stop ek maar daar.

Dus het ons gewag dat die twee weke om is, en toe word die twee weke ‘n verdere twee weke wat Donderdag ‘n verdere twee weke geword het. Dus ses weke in Almaty sonder winkels.

Ons soek ‘n lamp vir die studeertafel, dit gaan nie meer nodig wees teen die tyd wat ons in winkels kan inkom nie. Dan werk hulle seker weer van die kantoor af. Nou werk hy nog die hele tyd van die huis af.

Ewenwel, vir stap gaan ek nie nee sê nie, dus is ons winkelsentrum toe. Waar alles soos in hotelle agter ‘n rooi band is. Met goue paaltjies. Soos ek vertel het. Toe. Koop,kos of medisyne en loop uit. Koebaai.

Oorkant die pad is ‘n sentrum met ‘n gym. Invicticus. Maar nee, al sy deure is ook op slot. Jy kan buite sit en eet, ons is nie lus nie. Dus is dit maar tyd vir roomys.

Wat ete geword het met roomys.

Dit is werklik lekker om buite te sit en eet, ek hoop die plekke gaan dit die sommer so hou. In die winter gaan buite eet nie werk nie, mens sal omkap van die koue. Dink ek? Maar ek verstaan Almaty is baie warmer as Ust.

Ek bestel toe ‘n hoendergereg, manlief kry die eerste hamburger in Almaty waarvan hy hou. Die Qazaqs ken nie van hamburgers nie. Ons kan nie eens hanmurger rolletjies te koop kry nie.

Sowaar, wonderwerke gebeur nog. Hy hou van die hamburger, wat piepklein was. Ek moes mooi om die room van my hoenderborsie eet. Heerlik. Sag. Hoender is altyd ‘n wenner.

Ons het elkeen ‘n aarbei lemonade bestel, wat erg soet was. Dit is gewoonlik nie soet nie.

Ek lyk net dikmond, kon nie glimlag nie want ek het so pas ‘n hap hoender in my mond gesit.

Die vrugte en roomys is manlief s’n.

Die vegan roomys was teleurstelling omdat daar mos drie kleure is, maar ek kon net wit kies. Sy het net gewys Neto (nee/geen) op die twee kleure, en da, da, da (ja) by die wit. Dus kon ek net wit bestel.

Interessante smaak, kokosneut. Maar ek hou nie van die tekstuur nie. Iets soos cremoratert, met taai malvalekker in. So, net as ek dink ek hou van die happie, kry ek so ‘n taai deel wat ek nie verwag nie in my mond. Wat mens effens naar maak.

Maar – dit is roomys, dit is waarskynlik gesond en dit is lekkerder as wat ek verwag het.

Sal waarskynlik weer bestel …

Of probeer self maak, klink maklik genoeg as ek na resepte kyk, met Thermie se hulp kan ek dit doen.

Hooffoto: Die lemonade, soveel anders as wat ek gewoond is. Maar, lekker. Mens moet mooi ingooi om te keer dat stukke vrugte of mint in jou glas val.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Vegan roomys by Mado in Almaty

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.