Volgens die weertoep sou ons vanaf middernag gisteraand sneeu kon verwag. En die sneeu sou eers Sondag ophou.

Hier is die res van die voorspelling.

Daarom het ek foto van ons Hollywoodagtige berg geneem. Voor dit met sneeu bedek word. Was besonder mooi sonsopkoms gisteroggend.

Ek is ook gister gou mark toe om goedjies te koop. Dié naweek se koue sou my in my huis vang. Iets soos:
Een, twee, blok myself!
Dit was belaglik koud. Die wind het deur my gesny en my kniekoppe verlam. Maar dit was die moeite werd. Ek kon sien dat die son self ‘n dik donskombers oor hom wou trek.

Dié foto is halftwee gistermiddag geneem.
My opgewondenheid het my gisternag verskeie kere opgejaag. Om die sprokieswêreld te sien.
Eers was daar die vreemdste wit wasigheid hoog bokant die stad. Met die stad self in ‘n diepblou kleur gehul. Skoon. Stadsliggies wat geflikker het. Wens ek het toe ‘n foto geneem. Dit was asof mens iewers anders is.
Toe ek daaraan dink om te neem, het die wit dons al laer gesak. af en af om die stad toe te vou.

Dié foto is halftwee vanoggend geneem. Ek het maar gaan slaap, die sneeuvlokkies sou nie tussen al die blink liggies sigbaar wees nie. So tussen ons, daai fliek Sleepless in Seatle, wat ek nog nie self gesien het nie, kon hier geskiet gewees het. Dié mense slaap lyk my ook nie!
Vanoggend was ek nogal lekker teleurgesteld omdat die plek nie wit van die sneeu was nie. Mens kon sneeuvlokkies sien wat val, maar dit het sommer so in die reënwater op die grond gaan smelt.
En toe kyk ek verder, op na die Hollywoodberg van ons. En sien ek ‘n berg wat in wit gehul word soos die dag vorder.

Ons het wel nie die sneeu hier om ons sien opbou nie, maar daar is mense wat vanoggend sneeu van hulle karre moes afhaal voor hulle kon ry. Die luies, of is dit die met bevrore hande, het dit sommer op hulle karre gelos.

Om vir ons te wys dat dit wel gesneeu het. Sommer baie.
Ek het probeer om die sneeuvlokkies wat op my jas land af te neem, maar hulle het sommer net gesmelt. Om soos diamnté oo my jas te lê om dit te versier.

Dié foto is by Dusty in die garage geneem. Sy staan daar en warm kry. Ons verstaan dat dit goed so is. Hier moet mens blykbaar batterye en ek weet nie wat alles vervang. As die koue jou kar ‘n week lank buite gekry het. Sonder dat sy enjins aan die gang gesit is.
Mia vertel dat selfone afgaan, al was hulle vol gelaai. Battery pap. As dit hier na die hoë sub-zero’s gaan.
En ek kan dit glo, my handsak is yskoud binne as ek lank buite was. Asof ek hom in ‘n yskas gesit het.
Die wat hier bly waarsku dat ek nie gesigroom moet aansit binne ‘n halfuur oor ek uitgaan nie. Dit vries blykbaar op jou vel.
Vir nou is ek verras. Dit is heerlik warm buite wanneer dit sneeu. Goed, ek jok, nie warm nie. Maar dit voel heerlik warm as die wind nie waai nie.
Sies ek weet, ek klink ondankbaar. Die wind waai al die rook weg. Maar, dit waai ook oor berge wat reeds wit van die sneeu is. Ongeveer ‘n maand al. En dan is dit ysig as dit by ons aankom.
Vir nou, groete uit ‘n lekker koue Qazaqstan. Ek sien uit na somer in die SA.
En hier sot ek in die lekker warmte van my dakkamer en gril vir jou koue. Jou koue is darem mooi – dankie vir die fotos wat jy deel. Hier kry ons lieflike reën.
LikeLike
Dankie Hester, ons kry ook lieflike reën, ek moet bietjie daarvan vertel
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie glo dit raak so koud iewers op aarde nie, Christa. Klink half onmoontlik dat jy selfs kans sien om uit te gaan.
LikeLike
Una, ek het ook nie gedink dit kan so koud raak nie, maar veral nie dat mens mal genoeg is om hier te bly as dit so koud word nie …
LikeLike
Ek bibber nou van die koue… maar ek verstaan jou opgewondenheid. Lekker gelees by jou.
LikeLike
Dankie Perdebytjie, dit is baie koud. Maar wat sing hulle in daai een liedjie? I will survive? Ons sal net moet!
LikeLiked by 1 person