Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk

Ons het aanvanklik in ‘n baie moderne woonstel ingetrek. Ruim en mooi. Met een toegeboude stoep, by die hoofslaapkamer.

Dit kon nie in die winter gebruik word nie, was kouer as ‘n yskas! En dié stoepe word hoofsaaklik as pakkamer gebruik! Ek moet by my vensters kan staan en uitkyk.

By die vensters waar mens wel kon staan en uitkyk, het ek aan beide kante in twee soortgelyke geboue vasgekyk.

Ek het ingehok gevoel en moes gereeld vensters dig maak in die aand. Dat ander nie in my huis inkyk nie. En ek nie in hulle s’n nie. Geen mens weet hoe hierdie argitekte dink nie, hierdie woonstelblokke was aan die rivierfront, maar het weggekyk, asof onbewus van die skoonheid van water. Ek sou dit as ‘n verkoopspunt kon gebruik.

Ons was ongelukkig daar. Sonder kar. Sonder mense om ons wat ons verstaan. 25 minute per taxi van brood, melk en kruideniersware af. En dié kon ek eers saans gaan koop wanneer manlief moeg tuisgekom het.

Die nuwe geboue se akoestiek is swak. En ons het gesukkel om te slaap omdat hulle tot 11 uut in die nag nog besig was om woonstelle mooi te maak. Ons wou so graag trek dat ons ons deposito opgegee het om te kan gaan.

Toe gaan kyk ons na ‘n paar beskikbare woonstelle nader aan manlief se werk. Maar ek kon nie vat kry aan woonstelle met toegeboude stoepies nie. Het klaar geweet dit word vir pakplek gebruik. Hoe dom? Tussen die huis en die vensters waardeur mens kan kyk.

Die een het ‘n oop stoepie ook gehad, maar toegeboude balkonne voor elke venster. Mooier stoepies lyk so.

Ander lyk aangeplak en gevaarlik.

Die een het, as mens op sekere hoeke op die wankelrige stoepies gestaan het, mooi rivierfront gehad. Maar hy wou nie vir my ‘n skottelgoedwasmasjien insit nie.

En toe ontdek ons hierdie juweeltjie waar ons nou bly. Een oop stoepie by die kamer waar ons braai en geen stoepe by my ander vensters nie. Die vensterbanke is breed. Want die mure is dik, ek sal nog daarvan vertel.

Vandag wil ek sommer net my uitsig wys. Vanaf die rusbank aan die verste kant van die sitkamer.

‘n Berguitsig wat my na ons huis in Ruimsig laat verlang. En my tuis laat voel in ‘n vreemde wêreld. Ek sluit daarmee af. Geniet dit saam met my.

6 comments

Lewer kommentaar op Anne Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.