Ons gaan oor bietjie meer of minder as drie weke huis toe. En ek voel vandag lus om hulde aan ‘n paar vriendskappe te bring. Vriende wat ek hier in die vreemde ontmoet het, mense wat altyd ‘n plekkie in my hart sal hou.
Lees voort “‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders
Ag my aarde, van die eerste keer wat ek in Ust’-Kamenogorsk, of Öskemen, in die noord-oostelike hoek van Qazaqstan aangekom het, het die voetgangers se ongeërgheid my gefassineer. Hier word nie op skool geleer om links, regs en dan weer links te kyk voordat jy oor die pad stap nie.
Lees voort “Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders”‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan
Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen.
Lees voort “‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan”Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê
En net so, voordat mens eintlik regtig besef, is dit die laaste Sondag voor ons Almaty toe gaan. Eintlik, die laaste dag voor ons vlieg. Want, môre-oggend vroeg is ons uit en weg. Vroeg, ja, maar dit sal nie vroeg voel nie. Dit is nou 6:15 en die son sit lekker hoog. Ons gaan net na sewe môre-oggend uit.
Lees voort “Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê”Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets
Ek het Donderdag begin skryf, want dalkies sou ek Vrydag glad nie tyd kry nie. Teen Vrydagmiddag vyfuur moet die trok gelaai wees. Om Dusty en ons paar bokse en tasse na Almaty te vat.
Lees voort “Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets”Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk
So staan ek en manlief vanoggend op die laaste Donderdag in Ust op, met ‘n slegte hoofpyn. Die rede daarvoor is, anders as wat baie nou sal dink, nie Covid-19 nie. Ons volg alle protokolle om ons teen virusinfeksies te beskerm.
Lees voort “Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk”