Gepubliseer in Reisjoernaal

Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …

Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.

Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan

Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.

Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”