Volgens een van die Qazaq meisies wat ek hier ontmoet het, het Ust-Kamenogorsk regtig egtig vier seisoene.
Lees voort “Seisoene in Qazaqstan”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Regte, egte rooibostee in Ust-Kamenogorsk
Was ek nie verras toe ek in Maart saam met vriende in ‘n restaurant naby ons woonstel sit en ek rooibos chai (tee) op die spyskaart raaklees nie. Nou wel in Russies gespel, maar as mens dit uitspreek kom jy by rooibostee uit. En dit moes ek dadelik bestel.
Lees voort “Regte, egte rooibostee in Ust-Kamenogorsk”Skoene vir die winter
Ek hou van skoene, baie. Dalk te veel. Ek sal nie maklik ‘n arm en ‘n been vir ‘n rok betaal nie, maar ‘n mooi skoen trek my soos ‘n magneet.
Lees voort “Skoene vir die winter”Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood
Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee gevries om dit vars te hou. So het ek vars vetkoek vir drie dae lank op die tafel gesit voordat ek weer moes bak.
Lees voort “Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood”‘n Garage vir Dusty …
Sedert ons vir Dusty in Junie aangeskaf het, soek ons ‘n garage waarin sy kan staan.
Lees voort “‘n Garage vir Dusty …”Bure, die spesiale vriende wat ek nou eers ontmoet
Ek het al vertel dat ons nog nêrens waar ons gebly het met die bure kuiervriende gemaak het nie.
Lees voort “Bure, die spesiale vriende wat ek nou eers ontmoet”