Toe ons hierheen getrek het, het ek besluit dat ek Russies moet leer praat. Intussen het die lus verflou, die taal is, soos ons in Afrikaans stel, Grieks. Enigste probleem is dat Grieks dalk veel makliker as Russies is om aan te leer, die Russe verwar mens nogal baie.
Lees voort “Ek moet Russies leer praat!”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in
Dit het skielik koud geword. Of nee, die weer het ons tweetjies so twee weke gelede gewaarsku dat ons moet onthou dat ons in ‘n belaglik koue land kom woon het.
Lees voort “Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in”Lus vir potjie skaak in Qazaqstan?
Het ek al vertel? Dat die menu’s in die restaurante in ons stad in Russies is? Ek neem aan jy het dit so verstaan, want ek skryf gereeld dat Russies hier in Qazaqstan gepraat word.
Lees voort “Lus vir potjie skaak in Qazaqstan?”Sneeu? Oor minder as twee weke?
Ek het die week vertel dat manlief van die werk af gekom het met die nuus. Dit is tyd om winterwiele op te sit. Oor die bande self sal ek môre meer kan vertel.
Lees voort “Sneeu? Oor minder as twee weke?”Saam met liefste Dusty in Qazaqstan
As mens nie self ‘n Duster ry nie, irriteer die Suid-Afrikaanse advertensies jou. Daardie waarin die tweetjies in hulle Duster spring. Op pad na nog ‘n avontuur.
Lees voort “Saam met liefste Dusty in Qazaqstan”Die sentrale verhitting is aan
Sjoe, wie sou kon raai dat ek sou dink dat dit ‘n titel vir ‘n inskrywing kan wees? Ek is egter so dankbaar dat ek dit net so moes beskryf.
Lees voort “Die sentrale verhitting is aan”