Ek was lanklaas in ‘n kleuterskool, weet nie of hulle ook plakkate met veiligheidsreëls opsit nie. En ek weet ook nie of dit nog gedoen word nie, dat reëls in kinders ingedril word nie.
Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Onverwagte verandering van haarkleur…
Hierdie artikel is anders as my artikels, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging wat Hester begin het. Sy is mos my towerinvriendin.
Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie
As die temperatuur laer as -15ºC raak, weier ek om uit te gaan. Dit was laas jaar blykbaar gereeld laer as -20ºC. ‘n Onmenslike temperatuur om buite te wees. My oogballe word dan selfs koud. En lank nadat ek terug in die huis is, voel ek dit steeds as ek my ooglede toemaak. Die ysige koue oogballe, so koud dat dit my ooglede koel maak.
Lees voort “Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie”
Dit is ys en nie klippe nie …
Ons woon nou 10 dae langer as ‘n jaar in Öskemen. In die tyd het ek geleer hoe warm dit hier kan wees, maar beslis ook hoe koud dit hier kan wees. Koud is baie erger as warm, ons het al -38ºC beleef. En raai wat, ten spyte van my vrese dat ons in yspilare gaan verander, het ons nie.
Papierpoppe is terug!
Ek en die towerinne gesels iewers verlede jaar oor ons kinderdae en toe onthou ons spesifiek hoe lekker ons met papierpoppe gespeel het.
Rit op ‘n “snow mobile”
Ek is nogals so bietjie avonluurlustig. Bietjie. Regtig.
Ek het op ‘n plaas grootgeword en perd gery. Bloots ook. Dit is vir my baie veiliger as ‘n stiebeuel wat kan breek. Soos myne een keer gedoen het.