Ek het verlede jaar voorgeneem om die Bybel van hoek tot kant te lees. En aangeneem dat ek dit in ‘n jaar kan doen. Sonder die nodige ondersteuning, is dit egter ‘n moeilike taak. En toe ek weer sien, het die jaar verbygegaan en die Bybel is nie deurgelees nie.
Lees voort “‘n Baie oulike Bybel toep om aan te beveel”Etiket: toeps
Trojaanse vingers …
Ek wonder hoeveel verhoudings deur die Trojaanse vinger geteister word en hoeveel daarvan uiteindelik oorleef. Die Trojaanse perd is mos toentertyd ingespan om soldate ongesiens in ‘n stad in te smokkel – veilig versteek binne in die perd se binneste.
11 iPad toeps om videos te maak
Daar is ‘n hele aantal iPad toeps beskikbaar wat onderwysers kan gebruik om opvoedkundige videos te maak. Ek het vandag op hierdie versameling afgekom en gedink dit is goed om dit in Afrikaans met onderwysers te deel. Ek het sommer ook my eie gunstelinge gedeel.
Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan
Google se nuwe tegnologie, Speak to Go, maak dit tans moontlik om in die gees na plekke te gaan waarheen die vlees nie kan gaan nie.
Lees voort “Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan”
Globale tegnologie erken Afrikaans
Afrikaans laat haar nie onderdruk nie, dit is juis dan wat sy mense verplig om van haar kennis te neem. In hierdie artikel verwys ek na drie groot internasionale tegnologie-huise wat hul tegnologie in Afrikaans beskikbaar stel, naamlik Google, WordPress en Firefox. Daarmee word professor AP Grove se voorspelling in 1981 dat ‘n taal, wat nie vir akademiese literatuur oplewer nie, gaan uitsterf, besweer.
Lees voort “Globale tegnologie erken Afrikaans”10 beste toepassings vir groot dokumente
Soms moet mens groot dokumente deel, maar weier jou rekenaar om dit te stuur, of jy kry ‘n foutboodskap van die ontvanger se eposstelsel omdat sulke groot lêers nie toegelaat word nie. Daar is egter ‘n aantal keuses beskikbaar om die probleem te oorkom. My top 10 keuses in alfabetiese volgorde word vervolgens bekendgestel.