Mark Zuckerberg het WhatsApp vir ‘n aardige bedrag gekoop, ek lees vandag dat dit hom $55 dollar per gebruiker gekos het. In 2016. Sedertdien probeer hy om mense se WhatsApp inligting te bekom. Uiteindelik het Brian Acton, die een ontwikkelaar van WhatsApp uit sy posisie by Gacebook bedank. Het selfs $50 miljoen in die ontwikkeling van Signal gestoot. Omdat hy weet wat Facebook met persoonlike inligting wil doen?
Etiket: toeps
Wie lees my Afrikaanse blogs?
Ek voel al ‘n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het.
Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd
Bloguitdaging: Scrapy vra dat ons skryf oor iets nuuts wat ons in 2020 leer doen het.
Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie
Ek het so pas my weertoep, Weather Live, gestaak, want ek het dit nie meer nodig nie. Hier ken ek die weer, weet ek hoe om aan te trek as ek by die venster uitkyk en kan ek nie verkluim as ek nie reg aantrek nie.
Lees voort “Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie”As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat
Ek weet wat ‘n “language bundle” is. Dit is ‘n webwerf of program se taalbondel wat afgelaai kan word om die program in jou taal te kan gebruik. Afrikaans. Ek gebruik Word egter nog altyd soos gekry, in Engels.
Lees voort “As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat”Ek en my Bybeltoep
Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan bestry – deur die Bybel van voor tot agter te lees. Soos wat ek nog altyd wou.
Lees voort “Ek en my Bybeltoep”