Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente ‘n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto’s omdat ek ses foto’s in een foto kan plaas in plaas daarvan om hulle apart te plaas.
Etiket: toeps
Telegram vergemaklik skuif vanaf WhatsApp
Telegram bied nou ‘n uitweg vir almal wat vanaf WhatsApp wil wegskuif, maar die gesprekke steeds lewend wil hou.
Radio OFM het na Telegram geskuif
Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat ‘n verrassing om te vind dat ‘n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram.
Tyd om adresboekie skoon te maak …
Met die hooffoto gee ek my ouderdom lelik weg. Ek het so ‘n adresboekie in jy huis gehad, my ma ook …
Waarom kies ek Signal?
Ek dink ek kan met sekerheid sê dat Signal die toep van my keuse is. Wat my persoonlike veiligheid en sekuriteit betref. En wat die maklike gebruik daarvan ook betref.
Telegram kan nie my enigste toep wees nie
Ek is besig om Telegram vir leerdoeleindes te toets en ek moet sê dat ek beïndruk is met die funksies wat beskikbaar is. Ek kan net dink hoe dit gebruik kan word om my lewe baie, baie makliker te maak. Ek is besig om ‘n artikel daaroor te skryf.