Gepubliseer in Tegnologie

Telegram vergemaklik skuif vanaf WhatsApp

Telegram bied nou ‘n uitweg vir almal wat vanaf WhatsApp wil wegskuif, maar die gesprekke steeds lewend wil hou.

Ek het reeds geskryf dat ek WhastApp dadelik gelos het, my rekening uitgevee het en so ook al die gesels-geskiedenis wat ek gehad het. Dus kan ek die funksie nie self toets nie.

Van vandag (8 Februarie 2020) af, kan jy jou WA gesels-geskiedenis vir persoonlike gesprekke sowel as groepe uit WA voer en in Telegram invoer.

So maak mens:

Op ‘n iPhone:

  • Kliek op die groep of persoon se logo (rond)
  • Kliek op info
  • kliek op Export chat
  • Kies Telegram – en dit word netso na Telegram oorgeskuif.
  • En gaan dan in Telegram aan met die geselsies

Op Andorid-foon

  • Kliek op More
  • Kliek op Export Chat
  • Kies Telegram in die Share kieslys
  • En gaan daar verder aan met geselsies.

As jy en jou naastes besluit het dat die beskerming van julle persoonlike inligting noodsaaklik is, dan het Telegram die migrasie daarheen sopas vergemaklik.

Gebruik dit gerus voordat WA hierdie funksie gaan stop.

Ek het reeds oor Telegram geskryf, blaai gerus ondertoe op my blog. Dit bied beslis ‘n beter keuse as WA. Hulle deel nie jou PI met Facebook nie. Dus gaan dit ook nie wêreldwyd versprei word nie.

Hou die ligging asseblief altyd, maar altyd af.

Anders kan enige iemand fisies naby jou met jou begin gesels …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.