Woensdagaand neem ons twee Dusty vir ‘n was. Sy moet staan vir foto’s want ons moet haar verkoop. Ons gaan huis toe. Permanent. En sy kan nie saam gaan nie. Dit sal nie die moeite werd wees om haar in te voer nie.
Lees voort “Forest – heerlike restaurant oorkant die straat”Etiket: restaurante
Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum
Ek het al genoem dat ons van Coffee Boom hou. Ook dat ons die een by Dostyk Mall al verskeie kere besoek het.
Lees voort “Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum”Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty
Ons het gesē ons gaan nie elke keer by dieselfde plek eet nie, want hier is soveel restaurante in Almaty. Wel … ons is al verkeerd bewys.
Lees voort “Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty”As dit soos melkskommel lyk in Almaty
Vanmiddag is ons bank toe. Oorkant die straat by Ramstore. Om na ‘n jaar uiteindelik die toep op my foon in te stel. Dan hoef ek nie teller toe te gaan om te kyk hoeveel geld ek in die bank het nie. Dit gaan toe vinniger as wat ons gedink het. Al het ons en die bankbestuurder mekaar skaars verstaan.
Lees voort “As dit soos melkskommel lyk in Almaty”Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan
Vanaand is manlief lus om ver te stap om iets te gaan eet. Dan kry ons mos sommer ons suurstofvlakke op, so sê hy. Dit sal 100% wees as ons fiks is. Ons is nie fiks nie, maar 97% is goed genoeg vir my as dit onfiks beteken. Hy is sommer lus om 6 km te stap. Ocean Basket toe en terug.
Lees voort “Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan”Vegan roomys by Mado in Almaty
Ek het vertel dat ons nou die aand sommer so na die stap langs die spruitjie by Mado op die hoek by Dostyk Winkelsentrum geëet het. En dat ek sou teruggaan om te proe hoe vegan roomys proe, omdat ek nie roomys kan eet sonder om drie weke lank siek te wees nie.
Lees voort “Vegan roomys by Mado in Almaty”