Kyk, ek wou myself die afgelope maand in die gesig klap. As ek by die venster uitkyk op ‘n wêreld waar die lente my lok om uit te gaan om die natuur te gaan geniet. Na maande van te koud om buite te wees. Maar ek mag nie. Dan het ek by die venster gestaan met die allerongelooflikste gevoel van ongeloof.
Lees voort “Braaivleis op eerste dag na grendeltyd in Qazaqstan: ‘n Onwerklike ervaring”Etiket: Reisjoernaal
Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie
Toe die aarde nog normaal was, het Sarie my gekontak vir ‘n e-pos gesprek oor die lewe hier in Qazaqstan. Dit sou Junie geplaas word, in die volgende uitgawe van Sarie.
Lees voort “Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie”Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix
Hier in Ust’-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste ‘smoothies’ te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in ‘n japtrap in ‘n ysige lekkerte, wat ons in die somer of winter drink, want dit is mos warm ons huise ongeag die seisoen van die jaar.
Macadamias in Ust’-Kamenogorsk
September verlede jaar, toe ons in Almaty, die ou hoofstad van Qazaqstan was, het ek Macadamias op die mark raakgeloop. En dit het my so na Suid-Afrika laat verlang, dat ek dadelik gekoop het. Al is dit nogal baie duur teenoor ander neute wat hier te koop is.
Lees voort “Macadamias in Ust’-Kamenogorsk”Om na ‘n Qazaq troue genooi te word
Ons is verlede jaar na ‘n Qazaq-troue genooi, die huwelik van een van die dames wat vir manlief in die kantoor werk. Ek is baie lief vir haar, sy is altyd vriendelik as sy my sien, keer my op straat voor en gesels met my in Engels. Hoe lekker is dit nie?
Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan
Kyk, ek gaan nie sê dat ek nie oor die grendeltyd in Öskemen hartseer is nie.
Ek is hartseer en regtig baie.
Lees voort “Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan”