Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie

Toe die aarde nog normaal was, het Sarie my gekontak vir ‘n e-pos gesprek oor die lewe hier in Qazaqstan. Dit sou Junie geplaas word, in die volgende uitgawe van Sarie.

Toe tref die pandemie die aarde. En word ek ingelig dat die gesprek tot later uitgestel word. Om plek te maak vir mense se stories oor die pandemie.

Een van die vrae wat ek moes beantwoord, was of ek ‘n reisiger is. Ek het ad volg geantwoord:

Ek twyfel, ek hou nie daarvan om uit my tas te leef nie. Tog het ons al verskeie lande sedert 2002 besoek: Swaziland, Lesotho, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië, Mauritius, Dubai, Duitsland, Amerika, Singapore, Seychelles, Engeland, Skotland, Australië, Qatar, Abu Dhabi, Turkye, Rusland en nou bly ons al ‘n jaar in Qazaqstan. Ek droom nie daarvan om museums en geskiedkundige plekke te besoek nie, tog verlustig my Geografie-hart haar aan die landvorme wanneer ek ‘n ander land besoek.

Ons was in 2018 vir my verjaarsdag in Dubai. ‘n Hele week lank. Ons was oorbluf met alles wat ons gesien en beleef het. Ons was in die Burgh Kalifa, wat blykbaar binne die volgende paar maande sy tienjaarlange status as die hoogste gebou in die wêreld gaan verloor.

Vanoggend kyk ek na ‘n video oor Dubai, wat wys wat sedertdien alweer bygebou is en dit laat my nie voel ek wil in ‘n vliegtuig spring en gaan kyk nie.

‘n Video daarvan is net so goed soos om dit self te gaan beleef. Ek sien dit selfs beter was wat ek in lewende lywe kon doen.

Al maak al die interessanthede my baie nuuskierig. Net ‘n voorsmakei van wat in die video gewys word:

Groot foto en bo links: Nuwe drywende trein wat gevat kan word om die 2000 km tussen Dubai en Indië binne twee ure kaf te draf. Teen 1000 km per uur dus? Ek vat liewer my kans in ‘n vliegtuig as in so ‘n trein.

Middel bo: Nuwe ekspo sentrum wat beplan het om in Oktober vir wêreld ekspo oop te maak. Wonder of dit nog gaan?

Bo regs: Dubai Frame, waardeur mens blykbaar aan die een kant kan uitkyk op die nuwe stad. En aan die ander kant op die oue. So ‘n sigkan dalk lekker wees? Ons het oud en nuut beleef sonder om die geheel te kan sien.

Regs middel: Draaiende gebou, wat elke 90 minute ‘n 360 grade sirkel gaan voltooi. Nee dankie, daarin wil ek asseblief nie bly nie. Ek is seker na kwarantyn sal mens oo die aarde ook in die rondte draai. Voel in elk geval vir my te vinnig. En ek hou nie van die idee om jou eie vloer, of is dit nou wooneenheid, se spoed vinniger te draai of selfs in trurat te gooi nie. Sê nou maar ek befoeter die hele gebou se ratte?

Regs onder: Aladin City lyk interessant, kan dit nogal van die Arabiere verwag.

Goed, ek skat jy glo my nie … Dan moet ek die video seker maar deel?

Geniet die video, dit is ongelooflik wat die menslike brein kan bedink en realiseer. Genade tog, ek stres my goed op oor ‘n artikel, wat niemand se lewens kan neem nie. Hoe voel daardie argitekte as hulle daardie planne sien werklik word? Ek weet dat die argitek wat die Barage brug in SA gebou het, selfmoord gepleeg het daarna. En die brug staan steeds.

Dalk het die Covid-19 pandemie net my lus vir reis gestil?

Ek weet nie. Niks hiervan trek my om dit persoonlik te wil sien of ervaar nie. Dalk omdat ons Dubai as ‘n baie duur stad beleef het?

Al wat ek weet, is dat ek, vir nou, nog net een keer op drie vliegtuie wil klim om huis toe te gaan …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Dit is dan amptelik … ek is nie ‘n reisiger nie

  1. Rondreis is heerlik, maar ek dink na dese sal mens bietjie bang begin wees om te ver uit jou land uit te reis, net vir ingeval ‘n virus die aarde tref en jy nie kan terugkom nie…

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.