Gepubliseer in Reisjoernaal

Angus slaghuis in Kuruman ‘n juweel

Ons is mos vreeslik erg oor ons vleis, as ‘n slaghuis se biltong en wors lekker is, dan word hy ons slaghuis. Soos die een in Noordheuwel, wat in die twee jaar wat ons in Kazakhstan was, iets van sy glans verloor het. Die wors is nie meer lekker nie, waarskynlik omdat ons nou gewoond is om ons eie wors te maak.

Lees voort “Angus slaghuis in Kuruman ‘n juweel”

Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)

Ek skryf laas week in my dat ek ‘n kluisenaar is. Net een vriendin op skool gehad het. En een hier. Daarmee het ek ‘n hele klomp vriende te na gekom. Want ek het aan die mense gedink met wie ek baie ure van my lewe om ‘n potjie tee, vroeër koffie en nog vroeër ‘n glas melkskommel gedeel het.

Lees voort “Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)”