Van die eerste goed wat ek aan die begin van die jaar oor Qazaqstan gelees het, is dat die land sedert 1997 ‘n nuwe hoofstad het. Astana.
Etiket: Qazaqstan
Taxi skok in Almaty
Almal hier gebruik Yandex taxi. Tot verlede week kon ons twee nie, Yandex is nie in ons App Store beskikbaar nie. En diegene met Yandex kry dit ook nie meer in hulle App Stores nie.
Lees voort “Taxi skok in Almaty”Vinkwyfies …
Ek kan nie help om aan ‘n vinkwyfie te dink wanneer ek die gewerskaf sien wanneer nuwe intrekkers kom nie.
Lees voort “Vinkwyfies …”‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?
Ons was aan Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby verslaaf, ek en manlief. Ons het ook die reekse gevolg: Swartwater, Sara se geheim, Fynskrif, daardie een wat aan die Waterfront geskiet is, was sy naam Waterfront? Dan was manlief aan sport verslaaf, enige iets, rugby eerste, dan gholf, krieket, tennis, fietry, die hele kaboedel is op ‘n piepklein iPhone skermpie gekyk. Tot ons Qazaqstan toe getrek het.
Lees voort “‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?”2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan
More dominee Kobus en die gemeente en bloggers wat lees.
Lees voort “2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan”Ek en RSG en alternatiewe vir melk
Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop.
Lees voort “Ek en RSG en alternatiewe vir melk”