Gepubliseer in Joernaal

Veearts het slegte nuus oor BB

Net voordat ons BB by seun gaan haal het, het skoondogter gebel. BB loop op drie bene, maar dan weer op al vier. Moet sy haar veearts toe vat?

Ons bedink die saak, dit kan nie baie erg wees as sy soms driebeen loop nie, dalk het sy spiertjie seer geslaap. Of haar pootjie seer gekou.

Shilo is die vorige dag veearts toe, hy het ontsteking in die oortjies. Ons bevoel haar beentjie van bo tot onder, sy kla oor niks nie. Sy is dan seker reg?

Toe nie.

Hier loop sy die hele tyd op drie bene, lyk sy soos iemand wat met krukke loop. En sy hardloop ook so, die lyfie effens skuis gedraai om balans te hou.

So speel ek eergister met haar, dan buig en die voetjies en kyk of daar dorings in is. Toe ek die gewrig van die regterbeentjie buig, byt sy na my hand. En weet ek ek het die fout ontdek.

By die veearts moet ek lank wag, al het ek afspraak gemaak. Hy is uitgeroep na ‘n plaas, moes ‘n dooie kalfie (50 kg) uit sy ma se maag haal. Hy was te groot om gebore te word. Reeds dood, keisersnee, dus was hy baie besig.

BB sit en bewe in die ontvangskamer, dus gaan sit ek en sy in die bakkie tot die veearts kom. By pappa.

Toe hy inkom, baie lank na vyf, moet hy eers gaan skoonmaak voor hy my kan sien. Ek bedoel vir BB.

Daar vergeet ek watter beentjie dit is en die arme dokter vevoel eers die verkeerde been. BB wys geen pyn nie. Toe sê ek ek dink dit is die ander been. En weer bevoel hy.

BB wys geen pyn nie en ek is baie ontevrede met haar. Sit haar op die grond neer, sy staan op al vier bene, niks is in die lug nie. By die huis sit sy die been selde op die grond.

Dokter sê dit is adrenalien wat werk, sy voel nie die pyn nie. Ek en hy moet buite op die gras met haar gaan speel.

Daar werk die adrenalien meer, sy sien dokter se kat en wil die kat net vang. Wat sy met die kat gaan maak, weet ek nie, want katte kap met naels as honde orig raak.

Sy lig die beseerde regterbeen net effens en dokter sê dit moet die been wees.

Terug voel hy weer, ek het gesê dit is in die gewriggie. BB lê soos soet baba op haar ruggie terwyl dokter hare tussen haar tone skeer om te kyk of die fout in die pootjie is.

Niks nie.

Ek kielie haar magie en hy bevoel die voor[ootjie se gewriggie terwyl hy haar agterbeentjie dop hou. So gee BB weg waar sy seer is. As hy aan die een kant van die gewriggie druk, so hard dat sy kneukels wit word, doen sy niks. As hy aan die ander kant druk, trek sy die agterbeentjie in. Dit is waar sy seer is.

Hoe pulik is die dokter nie? Leer my sommer my woef beter verstaan.

Ek hou haar vas, dokter trek vir my jas teen X-strale aan en BB lê met haar voorpootjies uitgestoot.

En die probleem word opgespoor. Die been tussen die knie en die voetjie het in die gewrig gesplinter. Hoe weet ons nie, sy moes iewers by seun hulle seergekry het toe sy buite was.

Dit lyk of dit begin heel, kraakbeen vorm. Dus moet sy anti-inflammatoriese medisyne drink. En moet ek oor week rapporteer, sommer per sms. Oor hoe dit met my kind gaan – nooientjie noem die veearts haar.

Ek moet foto neem, mamma, roep hy my, die familie sal wil sien waar BB seer het.

Die been behoort self te genees, self kraakbeen te voem, die breek het mooi gesplinter.

Die slegter nuus?

BB begin wit kolletjies in haar ogies kry, teken dat sy blind kan word. Dit kan geopereer word, as dit heelwat erger raak, oor tyd. Dus sal ek begin spaar om my kind se ogies mooi te hou. Tot sy die lewe op die aarde eendag groet. Sy is heeltemal te spelerig en lief vir die buitelewe om blind te word …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Veearts het slegte nuus oor BB

      1. Mens moet maar net alles op sy plek los sodat hul weet waar als is. Die ander sal haar ook help as dit sou wees. Het hul beentjie in gipd gesit? Dieselfde ou wat blind geword het het ook sy been gebreek en gips gekry. Interessant hoe hoog hul pynflak is.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.