Hierdie foto bring die lekkerste herinneringe aan my geliefde BB op. Sy het die mooiste persoonlikheid, daarom het ek as teler geregistereer en haar laat babas kry. Twee keer. Om so haar gene voort te dra.
BB was die oulikste mamma. Sy het by hulle in die mandjie gelê as hulle kos moes kry, en uitgeklim as sy by hulle gaan lê het en hulle wou drink as dit nog nie etenstyd was nie. Ek wou haar opeet daaroor.
Hierdie foto is vir my van die mooiste foto’s wat ek van haar met haar kinders geneem het. Daar is nog baie waarin mens die liefde tussen ma en baba kan voel. Wat jou laat wonder, hoe is daar mensmammas wat hulle babas seermaak?

Ek het skoon sleg gevoel om babas te verkoop, haar hart was by elke kind van haar. Maar hou sou ons nie kon nie, ek sou ‘n plaas moes gaan koop. En ‘n haarkapster, dit sou ‘n voltydse werk wees om hulle te skeer en borsel en mooi te hou.
Buitendien, ek kry gereeld foto’s van die babas se nuwe mensmammas – hulle kruip vinnig in hulle aanneemma’s se harte in.
Klein Miniatuur Schnauzers is baie klein, hulle lyfies het in my palm gepas. En ek het nie groot hande nie.
BB is ‘n baie spesiale kind van my.
Sy is nou elf jaar deel van my lewe, waarvan sy 18 maande lank by my seun gebly het toe ons in Kazakhstan gebly het. Tog is ons dadelik vergewe, het sy dadelik weer by ons ingepas, aangepas.
‘n Vierbeen woewekind is beslis hierdie vrou se beste vriend.
Het jy ook so ‘n foto-storie om oor jou vierbeenkind te vertel? Los gerus die skakel in die kommentaar, ek sal graag wil lees.
Pragtig en te dierbaar.
LikeLiked by 1 person
Baie, ek kon haar opeet.
LikeLike
Daardie goeie diere moeders is wonderlik om te aanskou. Hul aanvaar alles en sal alles opoffer vir hul kleintjies.
LikeLiked by 1 person
Net so Scrapy, sal alles opoffer.
LikeLike
Beslis.
LikeLiked by 1 person
Ek het nie meer ‘n woef nie dus geniet ek jou woefstories baie. Laat my verlang om weer ‘n woefie te hê…
LikeLiked by 1 person
Ai San, hulle hou my lewendig.
LikeLike
Ek kom agter hulle beteken vir jou baie! ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike