Gepubliseer in Reisjoernaal

As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom

Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.

Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is

Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.

Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”