Ek dreig al so lank om te skryf oor die goed wat anders is. Dus moet ek sommer net nou met die deur in die huis val.
Lees voort “So, wat is anders in Qazaqstan?”Etiket: Almaty
So amper is ons laat vir ons vlug
Ek en manlief is vreeslike gehoorsame passassiers. As daar staan dat ons drie ure voor die tyd op die lughawe moet wees, dan is ons daar. As ons twee ure voor die tyd daar moet wees, dan is ons twee ure voor die tyd daar. Dus sit ons dikwels en wag dat die hokkies oopmaak sodat ons kan inboek. En ons gee nie om nie, dit maak ons rustig om ons vlug te geniet.
Lees voort “So amper is ons laat vir ons vlug”Vierde keer eers geluk met Yandex taxi
Ons het altyd Aparu gebruik, maar toe sukkel ons in Astana, daar vier Yandex hoogty. En toe laai ons Yandex af …
Lees voort “Vierde keer eers geluk met Yandex taxi”Ons verken Almaty
Ons was al drie keer in Almaty, eintlik meer as drie keer as mens die terugkere in ag neem.
Lees voort “Ons verken Almaty”Toiletkaskenades in Qazaqstan
Hierdie vertelling se tema is so effens van die brug af, dus sal ek probeer om dit so keurig moontlik te vertel.
Onaangename verrassing in Almaty
Almaty is die eerste hoofstad van Qazaqstan wat op 16 Desember 1991 onafhanklik van Rusland geword het. As ek reg onthou, is Astana in 1997 as die nuwe hoofstad verklaar. As ek moes kies, was Almaty steeds die hoofstad (sien foto).