Ek het Donderdag begin skryf, want dalkies sou ek Vrydag glad nie tyd kry nie. Teen Vrydagmiddag vyfuur moet die trok gelaai wees. Om Dusty en ons paar bokse en tasse na Almaty te vat.
Lees voort “Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets”Etiket: Almaty
Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk
So staan ek en manlief vanoggend op die laaste Donderdag in Ust op, met ‘n slegte hoofpyn. Die rede daarvoor is, anders as wat baie nou sal dink, nie Covid-19 nie. Ons volg alle protokolle om ons teen virusinfeksies te beskerm.
Lees voort “Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk”Reëlings om Dusty in Almaty te kry
Ons het Dusty mos in Almaty gekoop en die 1000 km hierheen met haar gery. Ons sien egter nie kans om die 1000 km terug ook te ry nie.
Lees voort “Reëlings om Dusty in Almaty te kry”Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier
Manlief is na Almaty verplaas. ‘n Verplasing waarna ek natuurlik begin uitsien, maar heelwat water moes nog in die see loop voor dit kan gebeur. Soos om ‘n woonstel te gaan soek in Almaty.
Lees voort “Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier”Om koebaai te sê
Ons het in Januarie 2019 met redelike onsekerheid in ons harte die groot stap geneem. Om ook vir ‘n jaar of drie in die buiteland te kom werk. So net voor ons kan begin dink aan aftrede.
Lees voort “Om koebaai te sê”Twee anderste-eenderste verjaarsdae na mekaar
My lewe deur verkies ek om op my verjaarsdag saam met my geliefdes te wees. Toe ek nog in die huis was, saam met my ouers en susters. Daarom was my eerste verjaarsdag op universiteit vreeslik vaal. Hulle was ver weg in Ermelo en ek was in Pretoria.
Lees voort “Twee anderste-eenderste verjaarsdae na mekaar”