Gepubliseer in Akademies,Tegnologie

Mahara: Hoe om jou e-portefeulje (versameling bladsye) te skep en in te dien

NEEM KENNIS

Jy kan al jou leertake op ‘n enkele bladsy plaas en die bladsy na gelang van die module benoem, byvoorbeeld INTMAEU. Dit is egter die eenvoudigste formaat vir ‘n e-portefeulje.

Ek beveel egter aan dat jy ‘n bladsy vir elke leertaak skep. Om ‘n versameling (collection) te maak, volg hierdie stappe:

Kliek op Collections

Screen Shot 2017-11-04 at 6.21.37 nm..png

Kliek onder regs op New Collection en voltooi die vorm wat oopmaak deur ‘n naam vir die versameling te verskaf, die versameling te beskryf, en ‘n kernwoord (tag) te verskaf.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.22.36 nm..png

Onthou om op JA te kliek sodat die navigasie balk (navigation bar) op die bladsy sal wys. Jy kan bladsye op twee maniere by die versameling voeg. Die eerste manier is om bloot die bladsye vanaf die eerste kolom na die tweede kolom te trek.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.27.24 nm..pngJy kan egter ook op die blokkie langs elkeen van die bladsye in die linkerkantste blok kliek en dan op Add Pages kliek sodat dit na die regterkantste blok geskuif kan word.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.32.31 nm..pngNou kliek jy op die op- en afpyltjies aan die regterkant om die bladsye in die regte volgorde te plaas as dit nodig is.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.31.43 nm..png

Kliek op Done sodra jy klaar is. Jy sal nou jou versameling (collection) of e-portefeulje kan sien.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.33.20 nm..pngJy kan die volgende doen:

  • Kliek op die hamburger-ikoon (regs) as jy nog bladsye wil byvoeg of bladsye wil verwyder
  • Kliek op die pen-ikoon (regs) as jy die versameling wil redigeer
  • Kliek op die asblik-ikoon (derde ikoon aan die regterkant) as jy die versameling wil uitvee.

RAAD: Maak eers ‘n kopie van jou versameling (e-portefeulje) voordat jy dit indien. Kliek op Copy a collection en volg die stappe. Gee dit ‘n ander naam.

Screen Shot 2017-11-04 at 6.35.36 nm..pngDien die versameling in – dit is jou e-portefeulje!

Geniet dit!

 

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.