Ek is op die oomblik besig met ‘n Bybel leesplan wat my sowaar laat lê het van die lag. Want ek kon die prentjie wat geskep is in my gedagtes voorstel. Verleenthede by lughawens. Daarvan het ek en manlief genoeg gehad die afgelope twee jaar.
Lees voort “Verleenthede op lughawens”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Wit, witter, witste sneeu …
Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.
Lees voort “Wit, witter, witste sneeu …”My Schnauzers dra kleertjies …
Kyk, daar is baie goed wat ek met my Schnauzers doen, hulle is mos my kinders. Maar jassies aantrek was nog nie deel daarvan nie, want hulle slaap sedert geboorte by ons in die huis.
Lees voort “My Schnauzers dra kleertjies …”Seegroen-blou is my spesiale kleur
Tourmaline vra in verlede week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. Ek het toe my een gedeel oor die seegroen-blou kleurfront in Valsbaai wat ek uit die lug kon afneem. Dit is egter ‘n spesiale kleur wat uitstaan as ek deur my foto’s blaai.
Lees voort “Seegroen-blou is my spesiale kleur”Elke dag by die see is vir my slegte haardag
Ek blaai so deur my foto’s en kyk in hierdie ene vas, wat my eers laat dink dat elke dag by die see ‘n slegte haardag is. Want, daar is baie soortgelykes … my hare krul ontembaar by die see.
Lees voort “Elke dag by die see is vir my slegte haardag”Die euwel van selfone?
Ek het hierdie foto in Julie 2019 op Moskou lughawe geneem. Ons was vanaf Suid-Afrika via Doha op pad na Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan toe. Terug huis toe na vakansie in Suid-Afrika, of sal mens dit eerder ‘n werkweek noem?
Lees voort “Die euwel van selfone?”