Hier in Ust’-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste ‘smoothies’ te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in ‘n japtrap in ‘n ysige lekkerte, wat ons in die somer of winter drink, want dit is mos warm ons huise ongeag die seisoen van die jaar.
Kategorie: Resepte
My gunsteling resepe
Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix
Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s’n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak.
Lees voort “Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix”
Thermomix resep vir Russiese lawa-poeding
Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.
Vinnige blaardeegresep vir Thermomix
Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie.
Thermomix resep vir hamburger rolletjies
Kan jy raai dat daar ‘n land is waar nie baie van die mense hamburgers eet nie? Daarom is hamburger rolletjies ook nie te koop nie. Wel, daar is. Qazaqstan.
Lees voort “Thermomix resep vir hamburger rolletjies”Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee
Ek het ‘n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess.
Lees voort “Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee”