Ons het die naweek N1 om gery na ons plekkie langs die Vaal nadat ons jare lank die pad tussen Parys en ons plekkie vermy het. Kan ek raai tien jaar? Hoofsaaklik weens baie slegte slaggate, wat ons al meer as een keer langs die pad laat staan het met ‘n waentjie waarvan die wiel gebars het.En toe weens padverbouings …
Dus het ons maar die moeilike pad gevat. Stop-stop-stop en nog baie keer stop en stadig-baie-baie stadig deur Krugersdorp, Randfontein en langs Westonarea verby, Potchefstoom, Orkney om gery.
Die afgelope twee kere ry ons weer Parys om. Vir my internasionale lesers … dit is nie Parys in Frankryk nie, maar ons eie Parys in die Vrystaat provinsie van Suid-Afrika.
Die vorige keer het ons sonder die woefkinders gery, toe vra ek dat ons Parys om huis toe kom om by een van die plekkies langs die straat middagete te eet. Parys is steeds vir my ‘n pragtige dorpie – gemeet aan die vervallendheid van plattelandse klein dorpies soos Kuruman in die Noord-Kaap.
Die keer het manlief sommer self besluit ons ry soontoe en terug Parys om.
En toe kry ek die kans om hierdie foto’s te neem.
Wat my baie aan Hammad Rais se Weekend Sky foto-uitdaging laat dink het. Veral omdat ek lanklaas gesien het Aletta, een van my blogvriendinne, aan die uitdaging deelneem …
Ons het op die N1 vanaf Johannesburg in die rigting van Parys gery, was deur die eerste tolhek op pad na die Parys afdraai. Ek het nie mooi opgelet nie, maar ek dink dit was na die Engen garages aan beide kante van die pad …
Ons kon nie stop om die foto’s te neem nie, dit was laat en ons wou voor donker by die rivier kom. Daar was nog so twee ure se reistyd oor.
Tog het ons eers na donker daar aangekom, ons kon net sowel gestop het. Iedergeval, die foto’s is toe maar deur die voorruit van die bakkie geneem.
Vir my het die wolk soos ‘n groot voël gelyk wat na ons aangevlieg kom. Laag oor die aarde, soekend na iets (of iemand …).
Regtig. Dit het so gelyk met die son wat soos soekligte deur die twee gate, wat die oë kan wees, skyn.
Eers naby die trok wat in die teenoorgestelde rigting aan die ander kant van die pad op die N1 in die rigting van Johannesburg ry.

Wonder wat in daardie trok is?
Om die eerlike waarheid te skryf, ek is nogals dankbaar daardie soeklig het nie op ons geskyn nie. Ek sou sowaar bekommerd gewees het. Al weet ek dit is net ‘n wolk. En net die son wat deur die twee gate skyn …
Wat nogal gepla het, is dat die son die een oomblik ‘n soeklig deur die een gat gestoot het en die volgende oomblik deur die ander een. Terwyl die oog wat nie die soeklig het nie, nogal kwaai lyk …

Het jy dit gesien?
Het jy foto’s geneem?
Hoe lyk dit vir jou?
Ek hou van hierdie fotos, Christa. Jou verbeeldingskrag het ‘n mooi storie van die wolke gemaak.
LikeLiked by 2 people
Dankie, Anne, dit was vir my so vreemd … Het nie gemaklik gevoel nie, eerder asof mens versigtig moet wees. My verbeelding hardloop soms met my weg.
LikeLiked by 1 person
‘n Groot, anderwêreldse uil
LikeLiked by 1 person
Jy beskryf dit mooi. Uil? Inderdaad, lyk nou vir my ook soos ‘n uil.
LikeLike
Sowaar!
LikeLiked by 1 person
Mooi fotos.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy, hoe lyk die wolke vir jou?
LikeLike
Ek wou weer na fotos kyk maar ek kom nie by die regte plek uit nie.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan nie, maar sal skakel hier deel
LikeLike
Ek het weer jou christavanstaden.com gekliek en kry dit gladnie. Ek dink jou skakel is nog jou ou skakel wat by jou antwoorde is. Ek het wel met jou nuwe skakel wat jy gestuur het uitgekom by jou blog. Ek sien dis gladnie dieselfde as wat by jou antwoordmasjien is nie.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, my skakel het verander na cvsjoernaal.com. Om van my man se kollegas uit ‘n ander lewe ontslae te raak omdat hulle my goed lees en dan stook. Jy moet dus voortaan soek op https://cvsjoernaal.com om daarby uit te kom.
LikeLike
Okay, kan jy nie die ou skakel verwyder en regte een insit nie? Ek vra maar.
LikeLiked by 1 person
Ek behou die christavanstaden.com vir my eie CV en akademiese goed. Hierdie een is vir my blog. Ek het al my volgers na die cvs een geneem, die ander een het nuwe volgers. Jy volg dus van die skuif af cvsjoernaal.com en nie meer christavanstaden.com nie. As jy beide wil volg, moet jy christavanstaden.com ook volg.
LikeLike
Okay ek sien. Was net vir my vreemd om nie by die pos uit te kom nie.
LikeLiked by 1 person
Net as jy via die ou link soek. Dit is steeds in die reader, is dit nie?
LikeLike
Dit is. Sal maar net moet soek as ek weer jou pos wil besoek nadat ek dit gelees het.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan die twee iewers in die toekoms weer saamvoeg dat mens na die een blog kom watter skakel jy ookal volg. Vir nou moet ek die goggas weghou.
LikeLiked by 1 person
Die skakel https://cvsjoernaal.com/2021/11/08/kan-die-son-en-n-wolk-mens-bangmaak/
LikeLike
Ek het toe met die skakel daar uitgekom . Ek hou veral van laaste foto met die strale wat so deur wolke breek. Kon dit nog nooit so regkry nie en het al baie probeer.
LikeLiked by 1 person
Probeer om dit so af te neem? Dit is juis wat my dan gepla het, die strale wat so van die een oog na die ander speel …
LikeLike
Dis juis deel van die kuns om dit af te neem.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, ek was op die regte tyd op die regte plek.
LikeLiked by 1 person
Interessante foto! Lyk ook soos ‘n uil vir my! Wonder ook wanneer Hammad weer ‘n uitdaging gaan plaas?
LikeLiked by 1 person
Ek weet altyd van syne as ek joune sien. Daar is meer as twee weke laas een gewees, toe moet ek maar gaan soek op sy blad. Ek mis joune.
LikeLike
Dankie Christa. Ek gaan een pos binnekort
LikeLike
Booooooooo, gonna catch youuuuuuuuuu
LikeLiked by 1 person
Vir ‘n oomblik het dit presies so gevoel. Veral toe die lig van die een “oog” na die ander beweeg.
LikeLike
Jou beskrywing is pragtig, alhoewel effe “scary.” Wonderlik wat so deur ons gedagtes kan gaan.
LikeLiked by 1 person
Pandemie skat ek.
LikeLike
Christa, die Boediste het ‘n interessante siening hieroor. Die wolke beweeg dán voor die son,dán nie. Jy behoort gladnie hierdeur geaffekteer te word nie, ” because you are the SKY!”
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou lekker. Dit was eintlik vir my ‘n ongelooflike ervaring, die kommer oor soekligte omdat die son en die wolk basies stilstaan. Hoe kon die strale dan soos soekligte van die een oog na die ander beweeg? Maar, ek is glad nie bang nie, hoor. Ek is mal oor wolke dus het ek te veel foto’s om op te noem.
LikeLike
Mooi!!
LikeLiked by 1 person
Die foto’s? Ek dink ook so.
LikeLike
Ja!
LikeLiked by 1 person
Lyk vir my soos een of ander monster hoor
LikeLiked by 1 person
Vir my ook. ‘n Gevaarlike ene
LikeLike