Gepubliseer in Reisjoernaal

Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees

Ons het in Januarie 2019 gaan kyk hoe Kazakhstan lyk omdat my man daar wou gaan werk. Gesien dat mens nie sterf as jy buite kom as dit -38 grade Celsius is nie – en op 5 Maart 2019 met ses tasse en my Thermomix in Almaty geland om 18 maande in Kazakhstan te bly.

Ons het in die noordoostelike deel van Kazakhstan, die negende grootste land in die wêreld gaan bly. In die hoofstad van hierdie provinsie, wat in Russies as Ust’-Kamenogorsk bekend staan maar in Kazakh as Öskemen (wat as Uskimin uitgespreek word). Die verkorting van die Russiese naam, maar in Kazakh.

Ek het aanvanklik stories op my Facebookmuur geskryf, maar nadat vriende my aangemoedig het om ‘n boek daaroor te skryf, het ek in Mei 2019 begin om eerder oor ons lewe daar te blog.

Baie van my nuwe lesers weet nie dat ons daar gebly het nie, en weet nie dat ek oor die lewe daar geskryf het nie. Gister vra Andrew van Australië dat ek meer oor Kaz vertel. En daarom gaan ek vandat eers skakels na blogs wat ek toe geskryf het deel om hom te help om dit makliker te kry.

Ek het baie blogs geskryf, soms meer as een per dag tussen Mei 2019 en Oktober 2020, maar ek skryf steeds oor ons ervaringe daar, daar is duidende foto’s wat my aan ons lewe in Ust en Almaty en Kazakhstan herinner. Ons het die laaste drie maande (Julie 2020 – Oktober 2020) in Almaty gebly.

Dit was ‘n vreemde lewe, veral in Ust waar niemand ons taal verstaan het nie. Ek verstaan op die oomblik my 18 maande oue kleinkind se frustrasie s hy met die vingertjie wys en wys en niemand verstaan hom nie. Ek het so gevoel elke keer as ek kos moes gaan koop. Met vingers in die lug oor hoeveel ek soek as ek nie adien (een), dwa (twee), trie (drie), tjitierie (vier), pjat (vyf), ensomeer wou hê nie. Aangesien alles in kleiner winkels agter toonbanke is – soos 60 jaar gelede hier by ons – moet ek dan nog met vinger wys wat ek soek en beduie met Da (ja) of Njet (nee) as hulle die regte of verkeerde ding aangee.

Hier is dus skakels en raad wat gevolg kan word om oor ons lewe in Kazakhstan te lees.

  1. Klik onder die blogdatums datums op die maande April 2019 tot Oktober 2020 om alles van die begin af te kan lees as jy by April 2019 begin.
  2. Klik onder temas op reisjoernaal, maar dit sluit na ander plekke ook in
  3. Klik op die volgende tags om die blogs te lees: Kazakhstan, Qazaqstan, Ust’-Kamenogorsk, Öskemen, Almaty, reisjoernaal, reisjoernaalcvs, expat om die blogs te kan lees.

Persoonlik dink ek dit is die maklikste om by April 2019 te begin lees, want dit volg ons lewe dan vanaf die begin tot ons teruggekom het.

Hoop jy geniet dit soveel soos ek geniet het om daaroor te skryf. En steeds doen …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.