Ons woon in ‘n pragtige, groot woonstel hoog in ‘n woonstelblok in Almaty.
Lees voort “Sonde met die bure in Almaty”Kategorie: Reisjoernaal
Vegan roomys by Mado in Almaty
Ek het vertel dat ons nou die aand sommer so na die stap langs die spruitjie by Mado op die hoek by Dostyk Winkelsentrum geëet het. En dat ek sou teruggaan om te proe hoe vegan roomys proe, omdat ek nie roomys kan eet sonder om drie weke lank siek te wees nie.
Lees voort “Vegan roomys by Mado in Almaty”Oggend in President Park, Almaty
Gister besluit ons twee dat ons iets gaan moet doen. Die dae word weke word ‘n maand terwyl ons ingeperk is, manlief moet van die huis af werk. Dit voel soos ewigheid, anders as in Ust waar die weke gevlieg het omdat hy werk en naweke anders is.
Lees voort “Oggend in President Park, Almaty”Waterfall Netcare Midrand was wonderlik
‘n Week gelede is my ma doodsiek per ambulans hospitaal toe. Sy het in Maart 80 geword en ek het by my pa gepleit. Asseblief, laat sy net medisyne teen die suiker en infeksie kry, moet haar nie inboek nie.
Lees voort “Waterfall Netcare Midrand was wonderlik”Die vuurpyl effek tussen twee geboue in Almaty
Ek het vertel dat vanuit ons woonstel kyk vier geboue wat soos die hekpale van ‘n imposante woning lyk. Die twee hoë geboue met die geroeste vierkante op die dak, lyk soos die hekpale. En die lang wit geboue, wat rond raak na die hekpaal se kant toe, lyk soos die muur van die ingang. Toe reën dit en moes ons skuiling teen die reën gaan soek.
Lees voort “Die vuurpyl effek tussen twee geboue in Almaty”‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty
Ons het gistermiddag gaan stap. Manlief was klaar in ander klere en glad nie lus om te gaan stap nie. Maar, ek kan nogal oortuigend wees as ek moet.
Lees voort “‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty”