Verlede jaar, nog voordat die pandemie my in ons woonstel in Öskemen, Kazakhstan, ingeperk het, het ek Sarie gekontak omdat hulle onderhoude wou voer met Suid-Afrikaners wat in ander lande woon. Hulle mag my maar kontak.
Kategorie: Reisjoernaal
Gholf by Kalahari Country Club Kathuy
Ek dink almal dink al ek speel gholf, manlief dink ek is sy eie spotter en ek weet ek gaan net saam om gholfbane te bewonder en foto’s te neem. Dus gaan daar balle verlore, want die spotter het iets gesien wat ‘n foto werd is.
DeBen, Noord-Kaap
Ek het vertel dat ons verlede Sondag uitgery het na Doringdraad Kontrei-Kuierplek. En dat ek verras was deur die Afrikaans teen die mure, die mooi binnenshuise versiering. En dat ek regtig graag die atmosfeer wou beleef en nie net kos vat en loop nie.
Doringdraad Kontrei-Kuierplek
Ek weet ek het dadelik jou aandag: Ons is mos nie die kuiersoort nie, en dit klink soos ‘n kuierplek op die platteland. Die naam laat mens aan rugby dink. Wat was daardie naam nou weer? Kamp staaldraad?
Waterlose, kraglose Kathu …
Toe ons in Januarie 2019 na Kazakhstan getrek het, het ek gewonder hoe ek ooit my navorsing daar sal kan doen. Gaan daar genoeg krag wees? Wat van internet? Die land is relatief arm teen Suid-Afrika. Ongeveer 30 van sy geldeenheid (Tenge) is ongeveer 1 Suid-Afrikaanse Rand werd. Maar dit was ‘n ligte bekommernis, toe is ons land deur load shedding geruk – daagliks. Ek het gewonder of my rekenaar dit gaan hou?
Wie lees my Afrikaanse blogs?
Ek voel al ‘n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het.