Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Ek, manlief en VVVs by Grand Oasis Casino in Kuruman

Dit is lang naweek en ons tweetjis is lus om iets te doen. Ons kan nie te ver gaan nie, want hy is aan diens. Net soos wat hy paasnaweek ook gaan wees. Hoe ongelukkig kan een paartjie die twee lang naweke ingaan? Ek dink mens kan beurte maak, maar blykbaar nie. Hy het die dobbelsteentjie verkeerd laat val.

Lees voort “Ek, manlief en VVVs by Grand Oasis Casino in Kuruman”

Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Vinnige trek na Kuruman …

Ons het mos eers vir twee maande in ‘n woonstel in iemand se erf in Kathu gebly. Belaglik duur, elektrisiteit uitgesluit en water net elke tweede dag. Soms vir 4 dae aanmekaar net saans water, hulle maak pype iewers reg. Voeg daarby ‘n pad vol slaggate, wat by die dag erger geword het en ons het rede gehad om Kuruman te wil aandurf.

Lees voort “‘n Vinnige trek na Kuruman …”

Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Ek … die natgereënde hoender

La Nina is nog glad nie klaar met die koue, nat lug wat sy oor die oostelike helfte van Suid-Afrika injaag nie. Sy het die vog vir die tropiese sikloon Eloïse voorsien. Eloïse was die sewende tropiese depressie wat oor die oseaan gevorm het, die vyfde benoemde storm en die tweede tropiese sikloon van die 2020/21 seisoen. Eloïse het weens die gunstige toestande wat deur La Nina geskep word, gevorm.

Lees voort “Ek … die natgereënde hoender”