Ek is skuldig, skryf al minder en minder. Een van die redes daarvoor is dat ons nogal besig is sedert ons geland het. Maar dit is seker nie ‘n verskoning nie? Daarom moet ek eers stilstaan om iets te vertel waaroor ons die afgelope paar dae gelag het.
Lees voort “Prettige oomblikke in ons huis”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Vyfde jaar as blogger
Verlede week kry ek hierdie wapen en boodskap van WordPress.
Lees voort “Vyfde jaar as blogger”Ek en my hemelhoë skoene …
Scrapy vra die ander dag dat ons oor skoene skryf, dus is hierdie weer deel van ‘n bloguitdaging.
Lees voort “Ek en my hemelhoë skoene …”Die kamers van my hart
Soms laat ek myself inkatrol, om gelei te word deur die voorstelle vir bloginskrywings. Hierdie een is dus deel van so ‘n uitdaging. Scrapy se uitdaging. Om oor kamers te skryf.
Lees voort “Die kamers van my hart”Selfstandige naamwoorde
(b) Stofname
Stofname verwys na elemente en stowwe, byvoorbeeld platinum, silwer, goud, lood, yster, sand, melk.
Let daarop dat die woorde nie telbaar is nie, jy kan nie sê een melk nie, maar wel een bottel melk, een staaf goud.
Geen van die eienskappe van selfstandige naamwoorde is op hierdie woorde van toepassing is nie.
- Jy kan nie van ‘n goud praat nie.
- Daar is geen meervoudsvorm nie en
- Dit dui geen geslag aan nie – dus moet jy hierdie woorde leer en onthou.
Let op: Indien sommige van hierdie woorde in die meervoud gebruik word, is hulle nie meer versamelname nie, bv.
- Ek het baie ysters in die vuur, in watter geval ysters ‘n soortnaam
Let op: As die stofnaam verbuig is, is dit nie meer ‘n stofnaam nie, bv.
- goue horlosie is ‘n byvoeglike naamwoord – vertel meer van die selfstandige naamwoord (horlosie).
(c) Versamelname
Versamelname verwys na ‘n groep mense, diere of goed (soortname)
- swerm (voëls)
- skool (visse)
- Gemeente (klomp mense met een predikant).
Versamelname staan altyd voor nog ‘n selfstandige naamwoord, soos in die voorbeelde gesien kan word. Dus is daar in sulke gevalle twee selfstandige naamwoorde na mekaar, ‘n versamelnaam gevolg deur ‘n soortnaam.
(d) Eiename
Eiename verwys die name van mense, goed en plekke, bv.
- Kruin gemeente
- Gauteng
- Roodepoort
- Susan Joubert
Let daarop dat geen van die eienskappe van selfstandige naamwoorde van toepassing is nie
- geen lidwoord pas voor die eienaam nie
- die woorde dui nie geslag aan nie
- baie min van hierdie woorde kan in die meervoud en verkleining omgeskakel word, maar daar is woorde wat in meervoud en verkleining kan voorkom bv. Van Stadens, Van Stadentjie
(e) Abstrakte selfstandige naamwoorde
Abstrakte selfstandige-naamwoorde is woorde wat ons nie met die blote oog kan sien nie, byvoorbeeld emosies soos:
- liefde
- afguns
- nyd
- afguns
- blydskap
- haat
Let daarop dat die reëls van selfstandige naamwoord nie op alle abstrakte s.nwe toegepas kan word nie.Nie seker of ‘n woord ‘n selfstandige naamwoord is nie? Vra dan gerus in die kommentaar, ‘n antwoord is altyd slegs die druk van ‘n knoppie weg!
As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat
Ek weet wat ‘n “language bundle” is. Dit is ‘n webwerf of program se taalbondel wat afgelaai kan word om die program in jou taal te kan gebruik. Afrikaans. Ek gebruik Word egter nog altyd soos gekry, in Engels.
Lees voort “As my rekenaarprogram skielik Afrikaans met my praat”