Ek weet wat ‘n “language bundle” is. Dit is ‘n webwerf of program se taalbondel wat afgelaai kan word om die program in jou taal te kan gebruik. Afrikaans. Ek gebruik Word egter nog altyd soos gekry, in Engels.
Verlede week soek ek op die internet, het Word ‘n Afrikaanse taalversorger. Laai die taalbondel af en toe ek weer aan ‘n artikel werk, word al my Afrikaans steeds onderstreep. Dus moes ek die bondel eers aktiveer.
Soek so bietjie op die rekenaar, maar ek het nie tyd om te sukkel nie. Dus Google ek weer, hoe verander ek die taal?
Volg die stappe en die rekenaar skryf dat ek die program oor moet begin. Ek besluit toe om sommer die hele rekenaar af te skakel, dan gradeer ek sommer alles op wat opgegradeer moet word.
Intussen het ons lewe ‘n draai gegooi, ons gaan uiteindelik huis toe en werk ek nie op my rekenaar nie. Gister kry ek ‘n artikel van LitNet terug wat ek moes evalueer. Om te kyk of alles gedoen is. En toe eers sien ek wat op my rekenaar aangaan.
Word praat Afrikaans met my!
En skielik voel ek so dom soos hier in Kazakhstan s ek nie Russies kan praat nie.
Toe ek op “review” wil klik, staan daar ‘n ander woord. Hersien.
En daar is woorde wat ek nie ken nie. Soos nasporingsveranderinge vir “track changes.” En vele meer. “hersieningsruit, wys markering”.
En ek moet ‘n dokument stoor in plaas van save. Hoe lekker is dit nie dat die program met my in Afrikaans praat nie.
Want die internet praat hier in Russies met my! Kan jy dit oorvertel? Ek gebruik net Chrome, want Chrome vertaal namens my. Anders weet ek nie wat om te doen nie. Selfs as ek my gmail wil lees!
Gelukkig ken ek Word al goed, weet ek waar al die knoppies is. Waar om te klik en waar nie. Intussen leer ek die Afrikaans vir die knoppies aan, maar ek dink dat baie hiervan nie goed vertaal is nie.
So, wat sal mens in die geval doen?
Terugskakel na Engels die gaan ek nie. Ek hou van die Afrikaanse pop wat tans in die program skuil. Of haar intrek geneem het. Dalkies moet ek haar net help om beter Afrikaans te gebruik?
Dit lyk darem of die taalversorging nou ook in Afrikaans gedoen word. Dankie, Microsoft, ek verpes julle op die oomblik, ek wag nog om te sien wat julle bydrae tot die huidige probleem is, maar julle erken my taal as ‘n belangrike taal.
Dalk verander ek my houding?
Foto: Dam (of meer?) by die 8 mere vakansie-oord.
Dis nou n ding. Praat Afrikaans met jou, baie oulik. Gaan jul regtig huistoe?
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik om te hoor. Wys ook weer elke ding op sy tyd en val in plek soos die Here wil nie soos ek en jy wil nie!
LikeLiked by 1 person
Dis goed om te hoor en te weet. Tyd sal leer. Daar is tog maar n sekere tyd vir elke ding in ons lewens.
LikeLiked by 1 person
Die Here se tyd is soveel beter as wat ons beplan het. Ona kan huis toe gaan, sonder om skuldig te voel. Hoe wonderlik is dit nie, Scrapy?
LikeLike
Dit is regtig wonderlik om te weet dis alles in plek. Sterkte met al die verdere reëlings wat nog wag.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ons is so opgewonde dat ons tasse amper klaar gepak is. En daar is nog drie weke oor!
LikeLike
Oh no! drie weke is lank!
LikeLiked by 1 person
Ons het baie om te doen, dit gaan hopen;ik vlieg. Maar ja, Scrapy, dit is nog baie lank.
LikeLiked by 1 person
Tyd vlieg as mens so baie moet doen voor dan. Ons kar is verkoop, ons kry van ons goed verkoop en ons sukkel om te pak binne nuwe gewig voorskrifte. Maar, ons sal daar kom.
LikeLike
Ek verstaan heel goed hoe dit gaan. My kar was n maand voor my vertrek verkoop. Moes gebruik maak van vriende. Twee weke voor vertrek was al my goed gepak en weggestuur. Eks uit my woonstel uit en kon twee weke by n goeie vriendin bly. Sjoe nous ek uitasem as ek net daaraan dink.
LikeLiked by 1 person
Ons gaan in hotel ingeboek word vir die laaste twee dae, sien eitlik uit daarna. Die woonstel het so vinnig nuwe baas gekry.
LikeLiked by 1 person
Dit is, maar ons het soveel om te doen dat die tyd vlieg. Manlief werk sy gewone werksure, ek maak huis skoon en kos en dan pak ons as sy dag verby is. Die tyd gaan te stadig en terselfdertyd te vinnig verby.
LikeLike
Sjoe, mens weet partkeer nie waar om te vat en waar om te los nie. Ek was op my eie en moes alles soos in alles doen en reël.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is seker erg. Manlief doen alles vir ons. Wat nie vir ons gedoen word nie. Hoe gaan dit met jou?
LikeLike
Wat kan mens anders doen. Ek hou maar kop bo water op oomblik met alles wat om my gebeur. Gaan volgende week weer bietjie plaas oppas vir paar dae. Hierdie keer is daar n jong hond en n boklam wat ekstra versorg moet word. Hoop net dit reën nie weer soos verlede jaar nie, Skape is darem in n kamp wat glo reggemaak is dat hul nie kan uitkom nie.
LikeLiked by 1 person
Daardie klink heerlik, in SA sou ek my opgestress het as jy so vertel.
LikeLiked by 1 person
Ja, Scrapy, ons gaan huis toe. Dit is onverwags, en ek sal nog daarvan vertel. Nou is ek te besig om te pak om my gedagtes ordentlik te orden. Maar, die storie moet vertel word, dit is soveel anders as wat ons verwag het. Ons sien egter die Here se hand daarin.
LikeLike
Dis goed om te hoor dat die Here Sy wil laat geskied op Sy tyd.
LikeLiked by 1 person
Ons moet net in Sy hande plaas.
LikeLike
Beslis. Tog moet mens darem jou kant ook bring.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad. En glo! Regtig glo.
LikeLiked by 1 person
Dis goeie nuus!
LikeLiked by 1 person
Baie, ons is so opgewonde.
LikeLike
En die meeswalglike MS Word wat ek wettig besit met lisiensiekaartjie en al wou nie op my rekenaar werk nie. Windows 10 Pro het my juis verlede jaar se eindstryd in Japan vir my verongeluk en ek, wat ‘n dekade of langer reeds Linux gebruik, is terug soontoe en gebruik graag LibreOffice. Dit het egter nie taalbondels nie. Maar Microsoft en Samsung is beide in die hondehok en word nie op my werf toegelaat nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het altyd Word Perfect verkies, toe verdwyn hy van die mark af. Almal wat saam met my werk, werk met Word, dus moet ek by haar bly.
LikeLiked by 1 person
Dit was ook my eerste keuse. Libre werk min of meer net so,
LikeLiked by 1 person
Dis nou vir jou n interessante een.😁ek moet probeer
LikeLiked by 1 person
Dit is so lekker, maar ek moes soms twee keer dink hoor!
LikeLike
Windows 10, Microsoft Office 365 met vrye toegang tot alle Microsoft produkte omdat ons skool ‘n Mikrosoft skool is. Ek sukkel met enige ander program.
LikeLiked by 1 person
Ek is ook nou te gewoond aan Word. En my 365 produk is beter as om ander apart te koop. Maar, ek wil leer om my Apple produkte beter te gebruik.
LikeLike
Sodra jy jou Apple produkte begin goed ken, kan jy ons ook gerus leer deur middel van die blog.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee Toortsie, dan kan ek daar gaan kyk as ek weer sukkel
LikeLiked by 1 person
Dalk kan jy vir Microsoft ‘n e-pos tik en vra of jy nie hulle ‘n bietjie kan help nie?
LikeLiked by 1 person
Hmmm, goeie idee. Ek hou net nie op die oomblik van hulle nie.
LikeLiked by 1 person