Ek lees nou die oggend Una se stuk oor die twee afgebrande huise langs hulle. En dat een van die huise met laslappiewerk reggemaak word. Eerder as om af te breek en oor te bou.
Lees voort “As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Waterfall Netcare Midrand was wonderlik
‘n Week gelede is my ma doodsiek per ambulans hospitaal toe. Sy het in Maart 80 geword en ek het by my pa gepleit. Asseblief, laat sy net medisyne teen die suiker en infeksie kry, moet haar nie inboek nie.
Lees voort “Waterfall Netcare Midrand was wonderlik”‘n Brief aan myself op 19
Vandag wil ek almal wat my volg of hierdie inskrywing lees, uitdaag om ‘n brief aan jouself op ‘n sekere ouderdom te skryf.
Ek en my Bybeltoep
Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan bestry – deur die Bybel van voor tot agter te lees. Soos wat ek nog altyd wou.
Lees voort “Ek en my Bybeltoep”Sykouse in Qazaqstan
Nou ja toe! Wie sou kon raai dat mens ‘n inskrywing oor sykouse sal kan maak. Veral ekke, wat dié kledingstukkies maar verdra het toe ek moes.
Lees voort “Sykouse in Qazaqstan”Om ‘n bestuurslisensie in Suid-Afrika te hernu is tans ‘n maklike proses
Goed, laat ek eers so begin vertel. Ons het verlede jaar in Junie kar gekoop. En in Qazaqstan het elke kar sy eie identiteitskaart. Amper iets soos ‘n bestuurslisensie. Met al die bestuurders se inligting daarop. Asook versekering, wat vereis dat al die bestuurders se inligting aangebring word. Slegs die persone mag die kar bestuur.
Lees voort “Om ‘n bestuurslisensie in Suid-Afrika te hernu is tans ‘n maklike proses”