Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Lees voort “Bekendstelling van Begaafdekind.com”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Carmién tee en The Courier Guys – ‘n wenspan
So rukkie gelede skryf ek oor heerlike geure Rooibostee. En blogvriendin Toortsie antwoord daarop dat sy baie van Carmién se rooibostee hou. Dat daar baie soorte is en dat ek gerus by Woolies moet kyk.
Redigering van foto-storie #12 se foto
So lewer Appeltjie vanoggend kommentaar op my saamgestelde foto-uitdaging #2:
Lees voort “Redigering van foto-storie #12 se foto”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Kaalvoetkind bied aan om Schnauzers op te pas
Die afgelope ruk is daar opgeskote seuns wat op fietse by ons huis verby ry. Soms net enetjie met baie dik glase in sy bril. ‘n Regte klein wilde wragtig. Loop oral sonder skoene en die pad is besonder warm hier in Kuruman, met klippe en slaggate voor ons huis, vra maar vir my.
Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer
Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.
Lees voort “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer”