Ek blaai so deur my foto’s en kyk in hierdie ene vas, wat my eers laat dink dat elke dag by die see ‘n slegte haardag is. Want, daar is baie soortgelykes … my hare krul ontembaar by die see.
Lees voort “Elke dag by die see is vir my slegte haardag”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Die euwel van selfone?
Ek het hierdie foto in Julie 2019 op Moskou lughawe geneem. Ons was vanaf Suid-Afrika via Doha op pad na Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan toe. Terug huis toe na vakansie in Suid-Afrika, of sal mens dit eerder ‘n werkweek noem?
Lees voort “Die euwel van selfone?”Avokado’s … herstel vertroue in mensdom
Ek het op Telegram by ‘n Kuruman groep aangesluit waar ek ‘n advertensie van Frikkie gelees het. Hulle lewer avokado’s op die N12 en N14 af, al die pad verby Kuruman en Kathu. En ek het ‘n swak plekkie vir avokodo’s, wat op die oomblik nie alleen baie duur is nie, maar ook reeds halfpad vrot gevat wanneer ek dit koop. Dus reageer ek op die advertensie.
Lees voort “Avokado’s … herstel vertroue in mensdom”Ek is sowaar as vlermuis geklee …
So blaai ek vanoggend deur my foto’s. Om vir die eerste keer verras te word deur die feit dat ek al in vlermuis klere geparadeer het. Ek, die vrou wat vlermuise met ‘n passie haat … Ek het al vertel waarom …
Lees voort “Ek is sowaar as vlermuis geklee …”My pa verjaar vandag
Ek is so effens huiwerig om hierdie foto te deel, want dit is ‘n familiefoto. Tog gaan ek die kans waag … want my iPad het my aan hierdie dag herinner.
So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?
Ek het Woensdag vertel dat ek ‘n toespraak vir die SAOU gelewer het. Oor begaafdekindonderwys. Wel, ek het Donderdagoggend ‘n verslag daaroor gekry …
Lees voort “So, toe word ek tydens my toespraak gegradeer?”