Ek is so effens huiwerig om hierdie foto te deel, want dit is ‘n familiefoto. Tog gaan ek die kans waag … want my iPad het my aan hierdie dag herinner.

Van links na regs is kleinsus, wat ‘n ouditeur is en in Australië woon, tweede oudste sus, wat vepleeg, jare gelede matrone by 1 Millitêr was en nou verpleegsteropleiding en -evaluering doen, middelsus, wat ‘n haarkapster is en al die jare haar eie haarkappersalon bedryf en ekke (oudste kind), wat in die onderwys gespesialiseer het en tans navorsing oor die onderwys doen.
Maar eintlik is ek in my hart sommer net ouma van vier kleinseuntjies, hopende dat daar nog een of twee sal bykom, maak nie saak of dit ‘n seuntjie of dogtertjie is nie.
Dit was my pa se 80ste verjaarsdag, dus 7 jaar gelede.
Op die foto is my pa en ma, ek en drie van my vier susters. Tweede jongste kon nie kom nie. Ons was, as ek reg onthou, seker meer as 14 jaar gelede as gesin saam op een foto. My kleinsuster het geëmigreer en ek het twee jaar in Kazakhstan gewoon, wat saamwees geleenthede beperk het. En nou is ek ‘n Kuruman-inwoner.
Seker daarom dat hierdie foto vir my spesiaal is. Ons het onlangs weer ‘n gesinsfoto probeer neem, die keer was jongste sus nie daar nie, Australië beperk steeds vlugte na Suid-Afrika.
My skoondogter het met my -a se 80ste die foto’s gebruik om hierdie plekmatjie met ons vyf susters vir my pa te maak …

Tussen al ons sussies, het my ouers net drie kleindogters, myne en my twee jongste susse s’n, wat elkeen ‘n dogter het. Eintlik het hulle vier kleindogters, my verpleegstersus wat nooit getrou het nie, het ‘n dogtertjie aangeneem wat nou so vyf jaar oud is, seker daarom dat sy eerder soos agterkleinkind as kleinkind voel.
Hierdie ouers van my wat hard probeer het om ‘n seun te kry, het bykans net kleinseuns en klein agterkleinseuns. Hulle het vyf kleinseuns, een by my, een by middelsus, een by tweede jongste sus en twee by my kleinsus. Dan het hulle reeds vier agterkleinseuns van my kant af en een agterkleindogter van middelsuster se kant af. Ons sal sien wat die ander kleinkinders oplewer, hulle is heelwat jonger as my kinders.
My pa word vandag 87 en my ma het so pas 81 geword. Haar tagtigste verjaarsdag is verlede jaar in afsondering gevier, dit was tydens die eerste weke van die ergste grendeltyd. Vanjaar kon vier van ons dit saam met haar vier, jongste was ver wag in Australië.
My pa en ma vier egter vanjaar sy verjaarsdag alleen by die see. Ek is seker dit gaan ‘n spesiale verjaarsdag wees, met my ma wat my pa bederf op sy verjaarsdag. Ek verstaan my Page-ampersussie gaan hulle vir ete uitvat vanaand. Ek weet dat my pa eintlik die dag saam met sy dogters sou wou vier, maar hulle het die vakansie nodig. Het verlede jaar hulle tyddeel betaal sonder om dit te mag gebruik.
Geniet dit pa. Dit is in elk geval my soort verjaarsdag – by die see – dus weet ek pa dit sommer baie gaan geniet. Toe ons klein was, was vakansies beperk, my pa het hard gewerk in sy slaghuis.
Ons was ‘n baie hegte gesin toe ons klein was.
Waar die een was, daar was die ander vier ook.
My pa en ma het ons nooit alleen by die huis of by ander mense gelos nie.
Ons is verskriklik geseënd om almal nog gespaar te wees, ons kinders en kleinkinders ook. Ek weet dat my ma elke aand vir elkeen van ons bid – ons op die naam aan die Here opdra. My pa ook. Ek dink dit is die wenresep om jou gesin veilig te hou – om hulle daagliks aan God op te dra vir veiligheid en beskerming.
Lekker verjaar, pa, mag dit ‘n heerlike vakansie by die see wees. Met ma aan pa se sy, sal dit altyd spesiaal wees.
Wat ń pragtige klomp sussies is julle nie, Christa! Jou ouers is voorwaar geseënd met hul familie en al hul afstammelinge.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Una, ek waardeer.
LikeLike
Julle familie is ‘n geseënde een – hoe wonderlik is dit!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Anne.
LikeLike
Watter klompie pragtige vroue! Ek dink dis n baie mooi geskenk vir jou pa en sommer een wat jou ma ook baie sal geniet!
LikeLiked by 2 people
Beslis, my ma sou graag by die see wou bly, Seegogga.
LikeLike
Dis ‘n suksesstorie waar die liefde seëvier!
LikeLiked by 2 people
Inderdaad, Letty-Anne, hulle is al 60 jaar getroud.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die deel. Wat ‘n voorreg om nog almal vir mekaar gespaar te wees.
LikeLiked by 2 people
Ons is, San, dit is wonderlik om te weet. Dankie vir die mooi boodskappie.
LikeLiked by 1 person
Plesier. Ek is by d hospitaal vir inenting!
LikeLike
Dis n pragtige aandenking so almal op die plekmatjies. Geniet jou ouers terwyl jy nog kan. Geluk met jou pa se verjaardag ook.
LikeLiked by 2 people
Dankie, Scrapy, dit was regtig mooi geskenk.
LikeLiked by 1 person
Baie Geluk met die wonderlike dag en ouderdom. Ek kan dink jou pa is sommer nog ‘n spring chicken. Ek dink nie mens hoef ooit huiwerig te wees om familie fotos te plaas!!
Maryke
LikeLiked by 2 people
Dankie Maryke
LikeLike
Dis wonderlik om julle gesin te kon onmoet. Dis baie spesiaal en ek glo dat jou ma en pa ‘n wonderlike vakansie by die see gaan he!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Aletta. Ek dink hulle gaan, my ma is baie lief vir die see.
LikeLike
💕
LikeLike
Baie geluk en dit is ‘n pragtige klomp fotos en net so pragtig om te hoor💜💜
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Virgo, ek waardeer.
LikeLike
Julle is almal pragtig….en baie geluk met Pa se verjaarsdag. ABsoluut geseënde familie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, vriendin. Ons is gewis.
LikeLike