In ons eerste woonstel hier in Kazakhstan was sulke oulike glashouers in die kaste. Daai soort wat met die draadaffêre oorvou om die deksel toe te hou. En ek wou sulkes hê. Maar het geen idee gehad waar mens dit koop nie.
Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Öskemen se Hollywoodagtige monument in die winter
Bo-op een van die berge wat oor Öskemen troon is ‘n monument met ‘n reusagtige vlag van Kazakhstan.
Lees voort “Öskemen se Hollywoodagtige monument in die winter”
Vleiskoop in Qazaqstan is uitdagend
Vleiskoop is van dag een af ‘n uitdaging in Öskemen blykbaar ook in die res van Qazaqstan. Hier is nie slaghuise soos in Suid-Afrika nie, vleis word op markte aangekoop. En dit is ‘n anderste belewenis.
Onaangename verrassing in Almaty
Almaty is die eerste hoofstad van Qazaqstan wat op 16 Desember 1991 onafhanklik van Rusland geword het. As ek reg onthou, is Astana in 1997 as die nuwe hoofstad verklaar. As ek moes kies, was Almaty steeds die hoofstad (sien foto).
Qazaqstan: Land van tee!
Amper twee jaar gelede het ek begin siek word. Moegheid, tamheid, duiseligheid en ‘n maag wat haar nie laat keer nie. Ek het ons medies in ‘n paar weke uitgeput, maar die oorsaak vir die probleem kon nie gevind word nie. En toe besluit ek om op dr. Google staat te maak om die oorsaak vir die probleem te vind. Wat op die ou einde uit meer as een probleem bestaan het. Maar daarop neerkom dat wat by my mond ingaan die oorsaak vir my probleme is.
Lees voort “Qazaqstan: Land van tee!”A Waas? Dit ken ek darem …
Ons woonstelblok se ingang is deftig teen die ander in die straat. Woonstelblokke se ingange is aan die agterkant van die geboue, aan die voorkant is dubbeldeure so hier en daar en as jy by een van daardie deure ingaan, is jy verras oor alles wat in die winkels verkoop word.
Die winkeltjies laat mens aan die winkels in Hillfox in Weltevredenpark se China mark dink. Sommiges het glasafskortings wat winkeltjies skei, ander het toonbanke soos die wat mens in Pick a Pay sal kry waar mens broodbolletjies koop. Maar, ek dwaal al weer af, sal later oor die winkeltjies skryf. Ek wil hier meer vertel oor ‘A waas?’
Lees voort “A Waas? Dit ken ek darem …”