Scrapy vra die week dat ons oor briewe skryf. Die handgeskrewe soort. Wat nie meer geskryf word nie, want ons stuur e-posse en teksboodskappe en vertel ons stories op sosiale netwerk platforms. In my leeftyd het ek egter heelwat ontvang.
Lees voort “Handgeskrewe briewe, uitgestorwe lekkerte”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Is ek die ewige reisiger?
Ek is gevra om ‘n artikel te skryf oor die lewe hier in Qazaqstan. Vir een van die vrouetydskrifte. Een van die vrae was of ek ‘n reisiger is. Is ek?
Lees voort “Is ek die ewige reisiger?”Die blou van onthou
My vingers is seer, kla as ek tik. Dus wip ek my en begin dink wat ek kan doen om die dae om te kry.
Lees voort “Die blou van onthou”Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie
Ons woon sedert Maart 2019 in Qazaqstan.
Qazaqstan is die 9de grootste land in die wêreld. Meet meer as 3 000 km van oos na wes, en meer as 1 000 km van noord na suid. ‘n Land met geen oseaan nie, grens wel aan ‘n see.
Lees voort “Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie”Eskom steeds probleem
Op 7 Desember 2014 het ek ‘n inskrywing op Facebook gemaak, oor Eskom. Daardie tyd was ek ongelooflik vies vir die kragreus wat in ‘n kragmuis verander het. Ek was besig om die kurrikulum vir Instructional Techniques and Multimedia in Adult Education (INTMAEU), ‘n module wat deur Unisa aangebied word, te verander.
Lees voort “Eskom steeds probleem”Eindig woord op d of t?
Ons taal is ‘n taal wat kinders kan verwar. Veral wanneer letters soortgelyk kan klink maar anders gespel word. Die Russe het ‘n ander plan. Hulle spel woorde met die regte letter en dan word kinders geleer watter letters sagter maatjies het sodat hulle die woorde reg uitspreek. Julle sal nogal verras wees om te weet watter letters as watter se sagter maatjies saamwerk. Interessante taal, Russies.
Lees voort “Eindig woord op d of t?”