Seun was al in die laerskool toe die naskooljuffrou my opkommandeer, ek moet haar die middag na skool gaan sien want my kind was stout. En hy kan nie meer by die naskool bly as ek haar nie gaan sien nie. Hy was in graad 3.
Lees voort “My Nemesis”Kategorie: Foto-stories & uitdagings
Kies ‘n woord – Desember 2021 foto-uitdaging
Ek is skielik weer lus om aan ‘n foto-uitdaging deel te neem. Maar ek kan mos nie net foto’s neersit nie, ek moet daaroor skryf ook. En hierdie ene waaraan twee van my blogvriende, naamlik Bushboy en Nowathome, deelgeneem het, trek my sedert ek na Aletta en Bushboy se foto’s gekyk het.
Lees voort “Kies ‘n woord – Desember 2021 foto-uitdaging”Sisters With Blisters … Susters Met Blase … Zusters Met Blaren …
Ek en my dollatjie het vir jare lank elke jaar aan die Sisters with Blisters geleentheid deelgeneem. Ek neem aan my lesers in die Kaap en oorsee het geen idee wat dit is nie, so laat ek sommer ook verduidelik.
Lees voort “Sisters With Blisters … Susters Met Blase … Zusters Met Blaren …”‘n Jaar om op dankbaarheid te fokus
Ek het mos die WRG se 21 dae van dankbaarheid uitdaging gedoen. Vir 21 dae lank moes ek elke dag iets geskryf het oor iets waaroor ek dankbaar is, gebaseer op hulle riglyne. Dit was interessant.
Lees voort “‘n Jaar om op dankbaarheid te fokus”Foto-pret: servette
Ons is vandag na ‘n groter dorp toe, nadat die Agri naby ons nie die filters in voorraad het wat ons nodig het om die boorgat se water te filtreer nie.
Lees voort “Foto-pret: servette”Dag 21: WRG se 21 dae van dankbaarheid
Sjoe, ek is daar. Die 21 dae is verby en ek kan weer oor iets anders skryf. Maar ek is dankbaar oor die geleenthede wat dit geskep het. Hier is dan die laaste inskrywing oor dankbaarheid.
Lees voort “Dag 21: WRG se 21 dae van dankbaarheid”