Ek het al ‘n paar keer probeer om my wenkbroue beter te laat uitstaan, die vorm effens te verander, sonder bevredigende resultate.
Dit lyk soos dik potloodstrepe en nie normaal nie. In Dubai het ‘n vrou my in die een winkelsentrum voorgekeer en dit sommer net daar en dan gedoen. Ek het soos ‘n spook gevoel en by eerste beste dames ingevlieg om dit af te was.
Onlangs het ek advertensies van tattoe-wenkbrou potlode op Instagram gesien, maar glo my, dit is regtig nie beskikbaar nie. In elk geval nie waar ek daarna gesoek het nie. Die verkoopsdames kyk my aan asof ek koekoes is, selfs al gebruik ek die term tattoe – hulle dink aan masjiene wat dit doen en nie aan ‘n potlood nie.
En toe ontdek ek een in Clicks, vervaardig deur Maybeline. Nou nie so goed soos die wat op Instagram geadverteer word nie, daardie trek lyntjies wat soos hare lyk en hou die hele dag. Maar, dit is goed genoeg vir my.
Die punt is nie dik en rond soos die oogpotlode wat gewoonlik daarvoor gemaak word nie. Dit is eerder platterig soos ‘n kwas en lyk ook effens soos ‘n kwas. ‘n Baie fyn kwassie. Dit is breed en plat. (Mooi foto is erg vergroot).


Dit werk goed vir my, die wenkbrou lyk nie soos ‘n poeierstreep nie. Dit is amper asof dit net my eie wenkbrouhaartjies donkerder en digter laat lyk, soos op foto hier onder gewys.

Onthou net dat die foto van baie, baie naby af geneem is, dit lyk mooier van verder af. Ek het baie donker hare, maar het bruin gekies. En dit is donkerder as my hare. Kies dus mooi wanneer jy ‘n kleur kies.
Ek het myne laat “powder brush”. Dis soos regte tatotoeër maar baie lig. Eintlik gee dit net n riglyn om dit self donker te maak as ek wil. Maar ek gaan die outjie ook soek.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit klink na goeie idee vir die wenkbroue. Lekker as dit hou.
LikeLiked by 1 person
Het al Des gegaan, nog sover goed in plek
LikeLiked by 1 person
Ek sal ook so iets moet probeer ☺️
LikeLiked by 1 person
en daar zijn er ook nog permanente make up tattoos.
Vriendelijke groet.
LikeLiked by 1 person
Daar is, maar ek raak te gou verveeld om iets permanent te laat opsit.
LikeLike