Was ek nie verras toe ek in Maart saam met vriende in ‘n restaurant naby ons woonstel sit en ek rooibos chai (tee) op die spyskaart raaklees nie. Nou wel in Russies gespel, maar as mens dit uitspreek kom jy by rooibostee uit. En dit moes ek dadelik bestel.
Lees voort “Regte, egte rooibostee in Ust-Kamenogorsk”Skrywer: Dr Christa van Staden
As kosblik vir manlief moeite word …
Toe ons nog vreeslik jonk was, het manlief skofte gewerk. En ek het skoolgehou. Dus kon ons mekaar soms maar min sien. As die een wakker was, het die ander een geslaap of vir werk reggemaak.
Lees voort “As kosblik vir manlief moeite word …”My handsak het klein geword
Tot so twee jaar gelede moes my handsak, soos Vlindersag hare beskryf, groot wees. En kon mens enige iets daarin kry. Wat in baie noodgevalle gered het.
Lees voort “My handsak het klein geword”Skoene vir die winter
Ek hou van skoene, baie. Dalk te veel. Ek sal nie maklik ‘n arm en ‘n been vir ‘n rok betaal nie, maar ‘n mooi skoen trek my soos ‘n magneet.
Lees voort “Skoene vir die winter”Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood
Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee gevries om dit vars te hou. So het ek vars vetkoek vir drie dae lank op die tafel gesit voordat ek weer moes bak.
Lees voort “Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood”Downton Abbey, goeie plaasvervanger vir When Calls the Heart
Ons het Engelse sepies hier ontdek. Omdat ons nie op Amazon Prime Video of Netflix Afrikaanse sepies kan sien nie. Weet nie of hulle daar is nie, want baie van die goed het mos geo-sperrings op.
Lees voort “Downton Abbey, goeie plaasvervanger vir When Calls the Heart”