Ek het toe die materiaal vir die romp en bloes gekry. En dit lyk my ek het te lanklaas klere gemaak. Want ek stap nooit uit ‘n materiaalwinkel sonder die regte kleur garing in my sakkie nie. Die keer het ek wel. Miskien omdat manlief saam was?
Lees voort “Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …”Skrywer: Dr Christa van Staden
Lapwinkel in Almaty Qazaqstan
In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.
Lees voort “Lapwinkel in Almaty Qazaqstan”Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …
Ek het al soveel keer vertel hoe moeilik dit is om vleis in Qazaqstan te koop. En dat mens baie keer slegte verrassings kry. Mens kan op die mark mos so tussen tafels vol vleis deurloop. En by elke tafel koop en betaal jy.
Lees voort “Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …”As dit soos melkskommel lyk in Almaty
Vanmiddag is ons bank toe. Oorkant die straat by Ramstore. Om na ‘n jaar uiteindelik die toep op my foon in te stel. Dan hoef ek nie teller toe te gaan om te kyk hoeveel geld ek in die bank het nie. Dit gaan toe vinniger as wat ons gedink het. Al het ons en die bankbestuurder mekaar skaars verstaan.
Lees voort “As dit soos melkskommel lyk in Almaty”Mieliepap in Almaty, Qazaqstan
Ons soek al van ons na Qazaqstan getrek het mieliemeel om mieliepap te maak. Manlief is ‘n vreemde spesie, tuis het ek selde pap gemaak. Selfs as ons braai. Hier sal hy sy voortande gee vir mieliepap. Miskien omdat dit eg Suid-Afrikaans is.
Lees voort “Mieliepap in Almaty, Qazaqstan”Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan
Vanaand is manlief lus om ver te stap om iets te gaan eet. Dan kry ons mos sommer ons suurstofvlakke op, so sê hy. Dit sal 100% wees as ons fiks is. Ons is nie fiks nie, maar 97% is goed genoeg vir my as dit onfiks beteken. Hy is sommer lus om 6 km te stap. Ocean Basket toe en terug.
Lees voort “Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan”